Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 SAMUEL 22:3

Die Lig Op My Pad
7 dae
Om ’n Christen te wees, is ’n avontuur. Elke dag wag daar nuwe geleenthede én uitdagings, vreugdes én teleurstellings. Genadiglik hoef ons die reis nie alleen aan te pak nie. God het sy Woord aan ons gegee – as lig op ons pad! Meer nog, Jesus self stap saam. Stap saam met Piet Meiring deur 7 oordenkings oor vertroue uit sy dagboek DIE LIG OP MY PAD.

Vertrou op die Here!
7 Dae
Om elke dag op God te vertrou, is nie altyd maklik nie. Maar herinner jouself om nie in God se genade te twyfel wanneer jy voor probleme te staan kom nie. Glo dat Hy jou in moeilike tye net so liefhet as in gelukkige tye. Laat jou bekommernisse in die hande van ’n genadige God. Moenie ontsteld wees nie. Wat ook al gebeur, jy sal veilig wees by God.

Gebede Om Jou Hart Te Seën
10 dae
Soms kort jy net die regte woorde om jou gesprek met jou Vader te begin. Hierdie 10 gebede sal jou help om die regte woorde te vind voordat jy self verder uit jou hart uit bid, of jy stil by die Here wil sit, of as ’n groep in gesprek met God wil tree. Hierdie gebede is saamgestel uit die gebedeboek GEBEDE OM JOU HART TE SEËN.