Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 TIMOTEUS 4:8

In Diens Van Jesus, in Diens Van Ander
5 Dae
In hierdie 5-dag leesplan praat Stephan Joubert oor die ware aard van leierskap. Hy fokus veral op diens aan ander en hoe leiers ander kan help om die wêreld te sien en te verstaan, om die verlede te evalueer en om vir die toekoms te beplan. Maak die praktiese konsepte jou eie sodat jy mense tot hoër hoogtes kan inspireer.

Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.
7 dae
Christene het 'n diep begeerte om in 'n dieper verhouding met God te staan, meer van Hom te beleef en sy weë beter te verstaan. Hierdie leesplan fokus op geestelike dissiplines wat mense kan help om op hierdie pad te loop.

2 Timoteus
9 Dae
Die tweede brief aan Timoteus roep God se mense op om vir God se woord te staan, dit te bewaar, te verkondig en, indien nodig, daarvoor te ly. Reis daagliks deur 2 Timoteus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.