Gratis leesplanne en oordenkings oor HANDELINGE 16:14

Filippense
5 Dae
Indien jy in 'n tronk — 'n kerker — sit omdat jy van 'n misdaad aangekla word wat jy nie gepleeg het nie, wat sal jy vir jou vriende skryf? Paulus se brief aan die Filippense kerk openbaar 'n man wat met vreugde vervul is — al sit hy in 'n Romeinse tronk. Filippense is 'n kragbron van moed en vreugde ten aanskoue van erge beproewings. Sluit aan by Kris Langham terwyl hy jou deur die boek, Filippense, lei.

Reis deur Handelinge in 10 dae
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.