Gratis leesplanne en oordenkings oor HANDELINGE 9:4
![Jesus, ek het U nodig!](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F37140%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Jesus, ek het U nodig!
3 Dae
Voel jy 'n diepe behoefte aan Jesus? Hierdie 3-dag leesplan oor gebed is ontwerp om jou alleentyd met Hom te verryk en jou te help om na Hom uit te roep. Dit dien ook as 'n begeleide gebed vir die agt-deel reeks "Jesus, ek het U nodig" deur Thistlebend Ministries.
![Amen](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F14578%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Amen
6 dae
Hierdie Bybelstudie bied aan jou ’n baie unieke geleentheid om die passie wat Angus vir Jesus het self te ervaar. As jy luister en jou hart oopmaak, sal jy vind dit is aansteeklik. Wanneer ek ook al by Angus is, groei my vasberadenheid om op God te vertrou en my lewenspad met vrymoedige geloof in Hom te stap. - Pastor Allen Jackson
![Ses Stappe Tot Suksesvolle Leierskap](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F14992%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Ses Stappe Tot Suksesvolle Leierskap
7 Dae
Is jy gereed om as leier te groei? Craig Groeschel verduidelik ses Bybelse stappe wat enigeen kan neem om 'n beter leier te word. Ontdek 'n dissipline om mee te begin, die moed om op te hou wanneer nodig, om iemand te bemagtig, om 'n stelsel te skep, 'n verhouding te begin en die risiko wat jy moet neem.
![Wanneer die Heilige Gees werk](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F49233%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wanneer die Heilige Gees werk
7 dae
Vanaf die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag tot Jesus se wederkoms leef ons in die bedeling van die Heilige Gees waar God elke oomblik in en deur ons wil lewe. Het jy ‘n lewende verhouding met die Heilige Gees, ervaar jy sy werking, leiding, gawes en vrug? Hierdie leesplan wil jou help om die wonderlike, kragtige beheer van die Heilige Gees meer in jou lewe te ervaar.
![Groei: Eerste treë saam met Jesus](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F19855%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Groei: Eerste treë saam met Jesus
20 dae
Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat die eerste treë neem, in hulle verhouding met Jesus. Hierdie leesplan is gebaseer op ons kursus en boek met dieselfde naam.