Gratis leesplanne en oordenkings oor KOLOSSENSE 1:10

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 1)
5 Dae
Aanmoediging vir mammas van 'n ma wat haar sewe kinders groot gemaak het en geleef het om daarvan te vertel. Hierdie is deel 1 van twaalf oordenkings in hierdie reeks van Robin Meadows!

Geanker in Hoop: Leesstukke uit die Nuwe Testament
5 Dae
Ons vestig dikwels ons hoop op dinge in die wêreld om ons – vir 'n bevordering, 'n beter verhouding, 'n hegter familie en genesing van siektes. Om egter net op aardse dinge te hoop, sal ons hoop beskaam word. Die Bybel sê dat ons verlies en teleurstellings op aarde sal beleef, maar God hou ons in sy ewige liefde vas. Jy sal met hierdie leesplan leer hoe God vir jou sorg en sien hoedat geestelike hoop jou met krag tydens die lewensstorme vul.

Staan dan vas
5 dae
In 1 Korintiërs 16:13 is vier kort, maar kragtige stellings wat 'n deurslaggewende rol in 'n standvastige geloofslewe speel, naamlik: Waak. Staan in die geloof. Wees manlik. Wees sterk. Jy kan nie gelyktydig onbeslis en effektief wees nie. Dit is moontlik om ten spyte van die eise van jou dag steeds vas te staan in die geloof.

Die Boek van Kolossense: Is Jesus Genoeg?
5 dae
Daar was nog nooit ʼn meer indrukwekkende persoon as Jesus van Nasaret nie. Is Hy egter genoeg? Genoeg vir jou redding, jou karakter, jou lewensdoel? Genoeg vir jou hele lewe? In hierdie vyf-dag leesplan gebruik Jo Ströhfeldt Paulus se woorde in die boek Kolossense om ons te herinner dat alles verander wanneer ons Jesus die middelpunt van alles maak.

Colossians Explained | Hoe om Jesus te Volg
7 Dae
Wanneer die Bybel verwarrend is, verduidelik "Through the Word" dit met duidelike, beknopte klankgidse (in Engels) vir elke hoofstuk. Hier in Kolossense, lei Kris Langham ons terwyl ons leer wie Jesus is en hoe om Hom vandag te volg. Ons sal ook goeie insig kry oor God se aanwysings vir huwelik en werk, en wat dit beteken om as sy beeld herskep te word. Plus die Bybel se teenmiddel teen vreemde Christenskap! Welkom by "Colossians Explained".

Wie is God? | Deel 6
7 Dae
Daar is Een oor wie alles, maar alles, gaan. God, natuurlik. Hy is doer ver bo ons verstand, so daarom probeer ons in nederigheid ‘n paar menslike antwoorde gee van wie Hy is … met ‘n hele klompie verrassings. Ons kyk na God as onder andere die "amazing" Skepper, die wonderlike Koning, die regverdige Regter, die onbeskryflike Vader en die EEN wat die middelpunt van absoluut alles is … ook jou hele lewe, nou en in die "future". Hierdie leesplan-reeks is gebaseer op die boek, WEES 'n WENNER. Lekker lees!

Wysheid
12 Dae
Die Skrif daag ons uit om bo alles eers wysheid te soek. Gedurende die leesplan sal jy elke dag 'n paar verse ondersoek wat oor wysheid handel—wat dit is, hoekom dit belangrik is en hoe om dit te ontwikkel.

Nuwe Dag, Nuwe Jy
14 Dae
Dit is so belangrik hoe jy daardie eerste gedagtes van jou dag spandeer - selfs net 'n paar minute elke oggend met God is jou geleentheid om op die regte voet te begin en 'n positiewe toon daar te stel. Nuwe Dag, Nuwe Jy gee jou daardie geleentheid. In hierdie opwindende toewyding, saamgestel uit verskeie van Joyce se mees populere boeke, sal jy 'n vars woord van God ervaar vir elke dag van die jaar. Voor jy die uitdagings van die lewe die hoof bied, begin elke dag met bemoediging en krag, aanmanings van God se genade, en God se perspektief. Word die nuwe jy wat elke nuwe dag kan bring!

Kolossense
15 Dae
“Bewaar Jesus eerste” is die fokus van die brief aan die Kolossense, wat hulp bied in hoe om in volle identiteit met Christus te wandel. Reis daagliks deur Kolossense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.