Gratis leesplanne en oordenkings oor KOLOSSENSE 2:6

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense
4 Dae
Ons leef in ’n wêreld wat ons jaag na meer — meer geld, meer erkenning, meer prestasie. Tog, hoe harder ons probeer, hoe leër voel ons. Die mense van Kolosse het dieselfde druk beleef. Paulus skryf aan hulle en wys dat vervulling nie lê in wat ons doen nie, maar in Christus alleen. Hy is die begin en einde van betekenis. Ek nooi jou om saam met my deur Kolossense te reis, om jou ware identiteit in Hom te ontdek. Hy is die middelpunt van jou lewe — dit is waarvoor jy gemaak is.

Geloof vir elke dag
5 Dae
Jesus sê selfs ’n klein bietjie geloof kan groot dinge vermag (Matt. 17:20; Luk. 17:6). Hierdie 5 oordenkings is ideaal vir laerskolers op hul eie of vir ouers om saam met hulle kinders te lees. Dit sal hulle herinner dat wanneer jy net ’n klein bietjie geloof het, jy God kan vra om jou geloof groter en sterker te maak. Dan kan God regtig in jou en deur jou werk!

As ek weer kon sê
5 Dae
By Kerksondermure wil ons graag sien dat elke gelowige die Jesuslewe ontdek wanneer dit by woorde kom. Woorde dra krag. Woorde kan lewens verryk of breek. In hierdie reeks staan ons stil by wat die Woord van God oor woorde sê. Mag jy die Jesuslewe ontdek wat jou woorde betref.

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy
6 dae
Die heerskappy van Jesus Christus is een van die mees verwaarloosde geestelike beginsels in die lewens van Christene. Ons leef ons Christelike lewens en dikwels word God vir ons iemand wat in al ons behoeftes moet voorsien, maar Hy is nie die Here nie.

Op vlerke van geloof
7 dae
Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Riekert Botha uit sy dagboek OP VLERKE VAN GELOOF.

Kolossense
15 Dae
“Bewaar Jesus eerste” is die fokus van die brief aan die Kolossense, wat hulp bied in hoe om in volle identiteit met Christus te wandel. Reis daagliks deur Kolossense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

21 Dae Vas en Gebed
21 dae
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za