Gratis leesplanne en oordenkings oor KOLOSSENSE 3:23

Rus in Hom
5 dae
Daar is soveel dinge wat ons elke dag moet doen. Ons kry skaars ons daaglikse werk afgehandel – wat nog te sê om uit te kom by belangrike dinge soos ontspanning, gesinstyd en naastediens. Hierdie 5-dag-leesplan sal jou lei om te besef dat rustyd en ontspanning deel is van God se plan vir jou lewe. Dit is trouens noodsaaklik dat jy moet rus, en veral by God rus moet vind. Hy wil graag jou swaar las van jou skouers afneem en vervang met sy vrede. Hierdie oordenkings is geneem uit DIE SAKPAS-BYBEL MET OORDENKINGS VIR VROUE deur Norma Rossouw © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Colossians Explained | Hoe om Jesus te Volg
7 Dae
Wanneer die Bybel verwarrend is, verduidelik "Through the Word" dit met duidelike, beknopte klankgidse (in Engels) vir elke hoofstuk. Hier in Kolossense, lei Kris Langham ons terwyl ons leer wie Jesus is en hoe om Hom vandag te volg. Ons sal ook goeie insig kry oor God se aanwysings vir huwelik en werk, en wat dit beteken om as sy beeld herskep te word. Plus die Bybel se teenmiddel teen vreemde Christenskap! Welkom by "Colossians Explained".

Vanuit Die Hart
7 dae
Rolene Strauss ken die eise van ma- en vrou-wees. Dit is haar passie dat elke vrou moet besef hoe waardevol sy is en dat sy haarself nie aan ander se skewe maatstawwe moet meet nie. In die volgende 7 dae gesels sy met vroue oor verantwoordelikhede, ware skoonheid en tydsbestuur – dinge wat vir die meeste vroue en ma’s alledaagse uitdagings is. Hierdie leesplan is saamgestel uit VANUIT DIE HART.

Die DNS Van Potensiaal
7 Dae
Stop. Kyk. Ervaar. Dit is die verskil tussen middelmatigheid en jou roeping. Agter die alledaagse sien jy 'n see van moontlikhede – jou eie, Godgegewe potensiaal. Jy is uniek, met talente wat net aan jou toevertrou is. Jy kan 'n baanbreker, 'n sportheld, of selfs die president word! Jy is nie geskape om middelmatig te wees nie. Die vraag is: Wat gaan jy met hierdie geskenk doen? Ons ontleed die DNS van Potensiaal deur stil te staan by spesifieke areas: van spesiale waarde tot die teruggee van jou geskenk. Staan elke dag stil en aktiveer die volheid van jou roeping!

'n Bybelse Benadering Tot die Opvoeding van Jou Atleet
12 Dae
Het jy al ooit ná 'n wedstryd met jou kind of huweliksmaat gestry? Wou jy al ooit jou kind se afrigter konfronteer? Het jeugsport julle gesinslewe heeltemal oorgeneem? As jy al soortgelyke ervarings gehad het, dan is hierdie 12-dag leesplan vir jou. Deur middel van getuienisse van atlete, afrigters en ouers, sowel as die waarheid aangehaal uit relevante tekste, sal jy sien hoe jy, as 'n ouer van 'n jong atleet, die Woord van God kan toepas.

