Gratis leesplanne en oordenkings oor KOLOSSENSE 4:2

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense
4 Dae
Ons leef in ’n wêreld wat ons jaag na meer — meer geld, meer erkenning, meer prestasie. Tog, hoe harder ons probeer, hoe leër voel ons. Die mense van Kolosse het dieselfde druk beleef. Paulus skryf aan hulle en wys dat vervulling nie lê in wat ons doen nie, maar in Christus alleen. Hy is die begin en einde van betekenis. Ek nooi jou om saam met my deur Kolossense te reis, om jou ware identiteit in Hom te ontdek. Hy is die middelpunt van jou lewe — dit is waarvoor jy gemaak is.

100 dae van dankbaarheid
7 dae
Mense wat dankbaar is, is gelukkiger, slaap beter, fokus beter en is makliker om mee oor die weg te kom. Om meer dankbaar te leef is seker iets waarna ons almal streef. Ons leer hoe ons elke dag dankbaar kan wees, waarvoor ons dankbaar kan wees en hoe om in dankbaarheid te leef.

Kolossense
15 Dae
“Bewaar Jesus eerste” is die fokus van die brief aan die Kolossense, wat hulp bied in hoe om in volle identiteit met Christus te wandel. Reis daagliks deur Kolossense terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

21 dae oor die krag van gebed deur Angus Buchan™
21 dae
Hierdie 21-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies oor gebed. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om ’n dieper verhouding met God te ontwikkel. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor gebed en ’n slotgebed.

Gebed
3 Weke
Leer hoe om volgens die gebed van gelowiges en volgens die woorde van Jesus te bid. Vind bemoediging om op `n daaglikse en aanhoudende basis jou versoeke met volharding en geduld na God te neem. Ondersoek voorbeelde van leë, selfbehaaglike gebede in vergelykking met opregte gebede van die met rein harte. Bid aanhoudend.
