Gratis leesplanne en oordenkings oor PREDIKER 3:1

Met ’n Lied In Die Hart
7 Dae
Voel jou lewe vaal, uitsigloos en vervelig? Het jou lewenslied verdwyn of is die note daarvan net ’n eentonige getokkel? Kom ontdek weer jou lewenslied vol vreugde en dans in God se lig van liefde en verlossing. Hierdie 7-dag-plan is geneem uit Marietjie Joubert se dagboek MET ’N LIED IN DIE HART, en sal jou help om weer by Jesus se voete hoop en inspirasie te kry. Hierdie oordenkings is geneem uit MET ’N LIED IN DIE HART deur Marietjie Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy http://www.cumbooks.co.za/

Dagstukkies vir besige vroue
7 dae
Bekende vroue soos Christelle Webb-Joubert, Benescke Janse van Rensburg, Christine Ferreira, Helenè Bester, Chanté Hinds-Moller, Lizette Murray en Bertha le Roux-Wahl bring boodskappe van hoop vir ma’s. Hulle herinner jou dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan dié wete: Jou hemelse Vader ken jou, Hy weet wat jy nodig het.

5 tale van die liefde
7 dae
Of julle verhouding sterk of sukkelend is, stabiel of uitdagend, hierdie oordenkings sal julle bemoedig en hernude vreugde in mekaar laat vind. Die boublokke van die huwelik – dinge soos goeie kommunikasie – vorm die basis van enige romantiese verhouding en wanneer twee mense aan mekaar toegewy is, vind positiewe verandering plaas. Hierdie leesplan is saamgestel uit 5 TALE VAN DIE LIEFDE – OORDENKINGS VIR PAARTJIES deur Gary Chapman.

Vanuit Die Hart
7 dae
Rolene Strauss ken die eise van ma- en vrou-wees. Dit is haar passie dat elke vrou moet besef hoe waardevol sy is en dat sy haarself nie aan ander se skewe maatstawwe moet meet nie. In die volgende 7 dae gesels sy met vroue oor verantwoordelikhede, ware skoonheid en tydsbestuur – dinge wat vir die meeste vroue en ma’s alledaagse uitdagings is. Hierdie leesplan is saamgestel uit VANUIT DIE HART.

Prediker
12 dae
Prediker is 'n dramatiese outobiografie van Salomo se lewe toe hy probeer het om gelukkig te wees sonder God. Daaglikse reis deur Prediker luister jy na die klankstudie en lees uitgesoekte verse uit God se woord.

Die Goddelike Geheim
12 dae
Andrew Murray was een van die grootste Christen-skrywers ooit. Hierdie 12 kort en kragtige oordenkings uit sy dagboek DIE GODDELIKE GEHEIM sal jou herinner dat gebed die wonderlike krag het om ons te help om tot God te nader en sy nabyheid elke dag te ervaar. Onthou altyd dié geheim: Bid sonder ophou!