Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 4:23

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 1)
5 Dae
Aanmoediging vir mammas van 'n ma wat haar sewe kinders groot gemaak het en geleef het om daarvan te vertel. Hierdie is deel 1 van twaalf oordenkings in hierdie reeks van Robin Meadows!

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 4)
5 Dae
Bemoediging vir ma's van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak het — en oorleef het om die storie te vertel. Dit is deel 4 van 12 leesplanne in hierdie reeks deur Robin Meadows!

Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg
5 dae
Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers aanmoedig om ’n verandering in hul lewe te maak. Elke dag bevat gedagtes rondom die temas van gedagtes en verandering, en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Gerdi van den Berg se boek "Jy kán verander".

Gewoontes
6 Dae
Verandering is nie maklik nie, maar dit is ook nie onmoontlik nie. Deur ‘n paar klein gewoontes aan te leer, kan jy die beeld wat jy vandag van jouself het, verander en kan jy groei tot die persoon wat jy môre wil wees. Hierdie Life.Church leesplan neem jou deur die Skrif om goeie, daaglikse gewoontes aan te kweek wat blywend is.

Om Die Mense Wat Ons Seermaak Te Vergewe
7 Dae
Of jy aan emosionele of fisieke wonde ly, vergifnis is die hoeksteen van die Christelike lewe. Jesus Christus is op allerhande onregverdige en onwettige maniere behandel, selfs tot sy onregmatige dood toe. Tog het Hy in sy laaste ure die spottende dief aan die kruis en sy laksmanne vergewe.

Uit die Beek 2019
7 dae
Uit die Beek verskyn uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

Sewe Maniere om Jou Denke te Vernuwe
7 Dae
In Romeine 12:2 sê die apostel Paulus dat ons verander word deur die vernuwing van ons denke. Baie van ons dink dat sodra ons lewens verander, ons denke vernuwe sal word. Dis egter andersom. Toe ons gebore is, het die meeste van ons kop eerste die wêreld binnegekom. Wanneer jou denke vernuwing ondergaan, sal jou lewe verander. Onthou, waarheen jou denke jou lei, volg jou lewe.

’n Nuwe lewe
7 Dae
Klink ’n nuwe lewe vir jou aanloklik? ’n Kans om dinge oor te doen. ’n Nuwe begin. Maar jy kan nie teruggaan om ’n paar dinge in jou lewe reg te maak nie. Jy kan net vorentoe gaan. Wanneer jy Jesus as Verlosser aanneem, word jy deur God se genade in ’n nuwe lewe gebore (2 Korintiërs 5:17). Van daardie oomblik af het jy die geleentheid om beter te doen!
Oomblikke Van Inspirasie
10 dae
Op enige tydstip in jou lewe kan jy jou in ’n uitdagende situasie bevind – van spanning by die werk en huishoudelike uitdagings tot finansiële probleme. Ware moed spruit egter uit die wete dat God groter is as jou grootste probleem en dat Hy wil hê jy moet sy krag gebruik in sulke omstandighede. Skep moed met hierdie 10 kort en kragtige oordenkings uit OOMBLIKKE VAN INSPIRASIE.

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap
10 dae
'n Lewe van oorwinning, is dit moontlik? Ja dit is! Die Woord sê dat ons in Christus meer as oorwinnaars is! Om vanuit hierdie oorwinning te leef is dit belangrik dat ek en jy sekere waarhede oor Jesus en sy afgehandelde werk in ons lewens vasmaak. Kom ontdek in die volgende 10 dae 10 kernwaarhede van dissipelskap wat jou sal help om in hierdie raamwerk te anker .