Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 5:18

Rus in Hom
5 dae
Daar is soveel dinge wat ons elke dag moet doen. Ons kry skaars ons daaglikse werk afgehandel – wat nog te sê om uit te kom by belangrike dinge soos ontspanning, gesinstyd en naastediens. Hierdie 5-dag-leesplan sal jou lei om te besef dat rustyd en ontspanning deel is van God se plan vir jou lewe. Dit is trouens noodsaaklik dat jy moet rus, en veral by God rus moet vind. Hy wil graag jou swaar las van jou skouers afneem en vervang met sy vrede. Hierdie oordenkings is geneem uit DIE SAKPAS-BYBEL MET OORDENKINGS VIR VROUE deur Norma Rossouw © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Uit die Beek 2019
7 dae
Uit die Beek verskyn uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

Kom Saam, Inspirasie vir jou Lewensreis
7 Dae
Kom sit jou bagasie by Jesus Christus se voete neer en toer sewe dae lank saam met my deur herinneringe van seerkry en vreugde. Mag jy saam met my uitsien na 'n hemelse paradys saam met Jesus.

Man Van God: Hoe Lyk 'n Man Van God?
8 Dae
Ons het Godsmanne in die kerk nodig. Dit is manne wat ten volle aan God oorgegee is en in die krag van die Heilige Gees lewe. Daar is vandag 'n gebrek aan sulke manne en vaders. In hierdie leesplan probeer ek verduidelik hoe die lewe van 'n man van God behoort te lyk en hoe dit kan lyk indien iemand homself aan God oorgee.

21 dae na 'n Oorvloedige Lewe
21 Dae
In die 21 Dae tot 'n Oorvloedige Lewe YouVersion leesplan, sal Jeremiah Hosford lesers op 'n 3 weke reis neem om hulself van hulself leeg te maak, met die Heilige Gees vervul te word en 'n oorvloedige, Geesvervulde lewe uit te leef. Dit is tyd om op te hou om normaal te lewe en 'n oorvloedige lewe te begin lei!

