Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 5:2

Hoekom Is God Lief Vir My?
5 Dae
Ons almal het vrae oor God. Ons huidige kultuur is baie daarop toegespits om onsself met ander te vergelyk. Een van die mees persoonlike vrae wat ons vra is: “Hoekom is God lief vir my?” Of dalk “Hoe is dit moontlik dat God my kan liefhê?” Deur die loop van hierdie leesplan sal jy met 26 Skrifgedeeltes te doen kry—elkeen gaan handel oor God se onvoorwaardelike liefde vir jou.

Leef met Gesag - 'n Reis deur Efesiërs
6 Dae
Ons assosiasie met Christus is die beginpunt van ware lewe. Alles wat ons nodig het om oorwinnaars te wees, is reeds gegee. ’n Verkeerde mentaliteit beroof ons van gesag en skuif ons fokus na wêreldse perspektiewe. Dan vervang ons die krag van ’n Christus-gefundeerde lewe met doellose aktiwiteite en prestasies, omdat ons nie verstaan wat ons besit nie. Dit is nie God se bedoeling nie! Hy het jou geskep om in oorwinning te leef. Hierdie waarheid kan elke area van jou lewe transformeer. Ontdek wie jy in Christus is – en leef dit uit!

Hy Is My Hoop
7 dae
Hoop is van die uiterste belang in ons land en ons wêreld. Ons glo in ’n nuwe begin in ons land, in ons huise en in ons lewe. Daarom moet ons ons hoop volkome in die reddende, beskermende en onverdiende genade van Jesus te plaas. Stap in 7 dae saam met Angus Buchan en fokus op gedagtes oor hoop uit sy dagboek GENADEJAAR.

Hoop Op God!
15 Dae
Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek Johannes
25 Dae
Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.

Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo
28 dae
Toewyding aan die Here begin met die verstaan dat ons God heelhartig moet liefhê: met ons hele hart, siel, verstand en krag. Hoe lyk dit in my daaglikse lewe? Maak tyd en kry 'n stil plek - en kom saam met ons op hierdie toewydingsreis.

