Gratis leesplanne en oordenkings oor EFESIËRS 6:2

Wie Braai Jou Wors?
3 Dae
Die meeste mans hou van braai. Hoe goed braai jy egter geestelik die vleis in jou huis? Meer spesifiek, van wie verwag jy as pa om jou seunskind van manlikheid te leer? Hierdie Bybelstudie trek die treffende parallel tussen hoe om lekker te braai en jou seun vir die lewe voor te berei.

Verhoudingsafsprake
7 Dae
Wat het God te sê oor ʼn verhoudingsafspraak? Hierdie sewedae plan sal jou ʼn Bybelse perspektief gee, met ʼn kort gedeelte om elke dag te lees. Lees die gedeelte, neem die tyd om dit eerlik op jou situasie te laat weerspieël en laat God toe om in jou hart te praat.

Toemaar, Jesus is daar.
7 dae
Dis ‘n groot troos om Hebreërs 7:25 te lees. Of jy nou ‘n baba of kleuter is; of jy skoolgaan, ‘n tiener of student is; of jy getroud of in jou ouderdom is: As jy jou hart vir Jesus Christus gegee het, is Hy daar om vir jou in te tree by God die Vader, want Hy leef vir altyd.

Wat Jesus Gesê Het Oor Vaders en Moeders Wat Geestelike Wonde Veroorsaak
13 dae
Een van die grootste oorsake van geestelike pyn en invloed op 'n kind se lewe is sy pa en ma. Meer en meer verstaan ons deur navorsing dat beide die ouers se optrede 'n geweldige effek op hulle kinders het. Hierdie leesplan wil help om hierdie pyn te hanteer en te verduidelik wie God die Vader is.
