← Leesplanne
Gratis leesplanne en oordenkings oor EKSODUS 19:4

Veilig in God se liefde
7 Dae
Wanneer ons op God vertrou, kan ons verseker weet dat Hy ons op ’n besondere manier sal help. Daarom kan jy elke dag sonder vrees aandurf. Al kom jy elke dag met gevare in aanraking, God omsluit jou van alle kante. Hy beskerm jou en bewaar jou. Die God wat jy aanbid, is almagtig. Hy kan álles doen. En al woon jy in ’n wêreld vol onrus herinner Nina Smit jou jy is veilig in sy hand.

Van vasgevang na gevorm
29 Dae
Vryheid is net die begin, en dan kom die uitdagings, die tyd vir groei en vorm. Welkom by ons reis deur die boek van Eksodus. Elke nuwe hoofstuk openbaar iets van die misterie van geloof en gehoorsaamheid, van vertroue en vorming, van uitdagings en waagmoed. Vryheid is voorwaar net die begin.