Gratis leesplanne en oordenkings oor EKSODUS 33:14

Innerlike sterkte
5 dae
Innerlike krag is net van God afkomstig. Hoe nader ons aan God beweeg, hoe meer sal ons sy krag ervaar wat ons nodig het vir ons alledaagse omstandighede. In hierdie leesplan gaan ons God se waarheid oor ons karakter ontdek en hoe om sterk te staan.

Leierskap: 'n Goddelike Roeping Vol Genade en Krag
5 Dae
Leierskap bring swaar laste. Moses het dit diep ervaar. Hy het uitgeroep: “Ek alleen kan hierdie hele volk nie dra nie, want dit is vir my te swaar. (Numeri 11:14 AFR53).

Wegkruipplek Oordenking
10 Dae
Is daar nie tye wanneer jy as 'n ma net wil wegkruip nie ... byvoorbeeld in die spens met 'n sjokolade stafie? Weggesteek van die storms van die lewe en die gewig van verantwoordelikhede. Weggesteek van die geraas. Weggesteek van die roetine. Weggesteek van ons taak-lysies. Weggesteek van ons titel. Net weggesteek en alleen met Christus waar ons kan hoor hoe Hy ons by die naam roep. Weggesteek, waar ons sy oorwinningsliedere kan toelaat om ons ore te vul.

Bemoediging Uit Die Woord
10 dae
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

'n Goddelike Lewe
10 dae
'n Goddelike lewe voel soms onbereikbaar ver, maar deur die Woord daagliks te bestudeer word dit makliker. Hierdie 10-Dag leesplan is 'n hulpmiddel vir jou pad. 'n Pad wat nie net eenmaal geloop word nie maar daagliks gewandel moet word om jouself te bewapen vir die aanslae van die lewe, die kinkels en draaie en die onverwagte mooi oomblikke van genade.

Die Vader is Lief vir Jou, deur Pete Briscoe
16 Dae
Ons word van kleins af geleer dat God ons Vader is en ons sy kinders is. Dit is nie altyd maklik om met God as Vader te praat nie, veral as ons aardse vaders gesukkel het om die liefde te betoon waarna ons gesmag het. In hierdie 16-daglange leesplan vestig Pete Briscoe ons aandag op die God wat al ons verlange na liefde bevredig deur te beklemtoon hoe die Skrif Hom as ons goeie en volmaakte Vader openbaar.

21 dae na 'n Oorvloedige Lewe
21 Dae
In die 21 Dae tot 'n Oorvloedige Lewe YouVersion leesplan, sal Jeremiah Hosford lesers op 'n 3 weke reis neem om hulself van hulself leeg te maak, met die Heilige Gees vervul te word en 'n oorvloedige, Geesvervulde lewe uit te leef. Dit is tyd om op te hou om normaal te lewe en 'n oorvloedige lewe te begin lei!