Gratis leesplanne en oordenkings oor GALASIËRS 2:20

Leef met Geloof en Doelgerigtheid
5 Dae
Hierdie 5-dagleesplan help jou om met vreugde, geloof en doelgerigtheid te leef. Die Skrifgedeeltes en gebede moedig jou aan om jou oë op die Here te hou, met vaste vertroue te bid en ’n lewe te lei wat deur geloof gevorm word. Jy sal ontdek dat jou bestaan betekenis het wanneer jy vir Christus leef en dat God jou in elke seisoen krag gee. Laat jou hart juig, jou geloof groei en jou lewe God verheerlik.

Amen
6 dae
Hierdie Bybelstudie bied aan jou ’n baie unieke geleentheid om die passie wat Angus vir Jesus het self te ervaar. As jy luister en jou hart oopmaak, sal jy vind dit is aansteeklik. Wanneer ek ook al by Angus is, groei my vasberadenheid om op God te vertrou en my lewenspad met vrymoedige geloof in Hom te stap. - Pastor Allen Jackson

Die Ring. 'n 6-Dag Leesplan Vir Huweliksmaats.
6 dae
Op ‘n egpaar se huweliksdag sê hulle “Ja”, beloof trou aan mekaar en is ringe uitgeruil as ‘n simbool van hierdie nuwe eenheid. Hierdie 6-dag Bybelplan gebruik die metafoor van die ring om sekere aspekte van die huwelik uit te lig. Elke dag is geskryf deur 'n ander huwelikspaar wat self in hierdie ring van liefde leef.

Vreemde Koninkryk - Ken Costa
7 dae
Kom saam met ons op `n reis na waar ons die betekenis van die kruis ondersoek en die onderstebo wêreld waarheen dit ons heen uitnooi in hierdie reeks van oordenkings en meditasies. My gebed is dat die legkaart m.b.t. die krag van die kruis jou sal intrek in `n nader verhouding met die opgestane Jesus. Lees meer in Vreemde Koninkryk en vind die geassosieerde speellyste op Spotify .

Maak Ontmoetings Met God die Spilpunt Van Jou Lewe
7 Dae
'n Enkele keuse rakende wié of wát die spilpunt van jou lewe is, het 'n diepgaande invloed op hierdie lewe. Hierdie keuse lei ons op 'n pad van besluite wat ons menswees vorm: wie ons is, hoe ons voel, aan wie of wat ons waarde heg en wat ons teen die einde van ons lewensdae sal bereik. Wanneer die eie ek of die dinge van hierdie wêreld die spilpunt van ons lewens is, lei dit net na vernietiging.

Begin nuut
7 Dae
Aan die begin van ’n nuwe, onbekende jaar of tydperk erken ons dikwels ons is so ’n bietjie bang vir die nuwe tyd: vir die onsekerhede, jou werk, die uitdagings wat op jou wag ... Milanie Vosloo kom verseker jou vandag dat jy nie hoef bang te wees nie; verandering is goed en noodsaaklik en God is elke tree van die pad langs jou – gryp die groei aan!

Verkondig die evangelie van Jesus Christus
12 dae
Mense benodig die Here Jesus soos nog nooit tevore nie, en vir baie sal hulle net die evangelie hoor en dit deur ons lewens sien! Matteus 10:26-27 sê: "Moenie geïntimideer word nie." Uiteindelik gaan alles oop wees, en almal sal weet hoe dit werklik is. Angus Buchan moedig jou in hierdie 12-dag-leesplan aan om die evangelie te deel en die hele wêreld te vertel dat Jesus die Here is!

Ten volle Toegewyd: 'n Inleiding
14 Dae
Wil jy groei in jou verhouding met God, die Bybel beter verstaan en leer hoe jy vandag vir Jesus getrou in ons wêreld kan volg? Met die Bybelse verhaal as ons gids, kom ons ontdek waarhede en ontwikkel vaardighede wat ons sal help om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word. Hierdie leesplan is deel 1 in 'n reis van 9 dele.

Die Ou Kruis en Die Nuwe Kruis
14 Dae
Die kruis is die middelpunt van die evangelie van Jesus Christus. Sonder die kruis is daar geen evangelie nie. Daar is vandag 'n toenemend verengde begrip van die kruis. Daar word vandag egter ook 'n Nuwe Kruis gepreek, maar dit is nie dieselfde as die Ou Kruis, die kruis-boodskap van Golgota nie.

Groei: Eerste treë saam met Jesus
20 dae
Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat die eerste treë neem, in hulle verhouding met Jesus. Hierdie leesplan is gebaseer op ons kursus en boek met dieselfde naam.