Gratis leesplanne en oordenkings oor GALASIËRS 6:2

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 4)
5 Dae
Bemoediging vir ma's van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak het — en oorleef het om die storie te vertel. Dit is deel 4 van 12 leesplanne in hierdie reeks deur Robin Meadows!

Die Krag Van Visie
5 Dae
Visie is die belangrikste faktor wat goeie leiers van uitstaande leiers onderskei. Verken die proses wat God gebruik om visie in die lewe van Christene te skep.

Wees Doelgerig In Jou Huwelik
5 Dae
'n Sterk en gesonde huwelik gebeur nie net toevallig nie. Die sleutel tot die huwelik waarvan jy nog altyd gedroom het, is om doelgerig te wees. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons verskeie onderwerpe bespreek wat jou sal help om die proses te begin om doelgerig te wees met jou eggenoot, sodat jou huwelik kan wees wat jy nog altyd wou hê.

Amen
6 dae
Hierdie Bybelstudie bied aan jou ’n baie unieke geleentheid om die passie wat Angus vir Jesus het self te ervaar. As jy luister en jou hart oopmaak, sal jy vind dit is aansteeklik. Wanneer ek ook al by Angus is, groei my vasberadenheid om op God te vertrou en my lewenspad met vrymoedige geloof in Hom te stap. - Pastor Allen Jackson

Oomblikke van hoop
7 dae
Is gevoelens van geen hoop en van bekommernis tans jou beste vriende? Dan is jy in die verkeerde geselskap! Hulle gaan jou vreugde én jou geloof steel. Doen vandag nog iets daaraan. Maar wat? Bedank uit die sonder-hoop-brigade! Moenie die negatiewe gevoelens en bekommernisse in jou hart toelaat nie en onthou: God se skouers is breed genoeg om die hele wêreld se kommer te dra – ook joune!

Die 10-dag Gebedsleesplan vir Paartjies
10 Dae
Paartjies wat saam bid, groei saam — geestelik, emosioneel en liggaamlik. Wat meer is, hulle groei nader aan die Een wat hul huwelik wil seën en sterker maak.

Ten volle Toegewyd: 'n Inleiding
14 Dae
Wil jy groei in jou verhouding met God, die Bybel beter verstaan en leer hoe jy vandag vir Jesus getrou in ons wêreld kan volg? Met die Bybelse verhaal as ons gids, kom ons ontdek waarhede en ontwikkel vaardighede wat ons sal help om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word. Hierdie leesplan is deel 1 in 'n reis van 9 dele.

Galasiërs
21 dae
"Deur geloof alleen" word ons gered, nie deur enigiets wat ons doen om die gawe van verlossing te verdien nie - dit is die duidelike en direkte boodskap van die brief aan die Galasiërs. Reis daagliks deur Galasiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.