Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 1:28

Skeppingsdoel van die Mens
3 Dae
Die skeppingsdoel van die mens is God se liefdesplan met sy liefdeskepsel. In hierdiee leesplan fokus ons op die liefdevolle Vaderhart van God vir elke mens. God het die mens innig lief en Hy het ʼn kosbare plan met elke mens se lewe.

Gewoontes
6 Dae
Verandering is nie maklik nie, maar dit is ook nie onmoontlik nie. Deur ‘n paar klein gewoontes aan te leer, kan jy die beeld wat jy vandag van jouself het, verander en kan jy groei tot die persoon wat jy môre wil wees. Hierdie Life.Church leesplan neem jou deur die Skrif om goeie, daaglikse gewoontes aan te kweek wat blywend is.

Ses Stappe Tot Suksesvolle Leierskap
7 Dae
Is jy gereed om as leier te groei? Craig Groeschel verduidelik ses Bybelse stappe wat enigeen kan neem om 'n beter leier te word. Ontdek 'n dissipline om mee te begin, die moed om op te hou wanneer nodig, om iemand te bemagtig, om 'n stelsel te skep, 'n verhouding te begin en die risiko wat jy moet neem.

7 Dae van Deurbraak
7 dae
Ons almal wil deurbraak ervaar in ons lewe, maar wat kan ek doen om dit te beleef?

Toemaar, Jesus is daar.
7 dae
Dis ‘n groot troos om Hebreërs 7:25 te lees. Of jy nou ‘n baba of kleuter is; of jy skoolgaan, ‘n tiener of student is; of jy getroud of in jou ouderdom is: As jy jou hart vir Jesus Christus gegee het, is Hy daar om vir jou in te tree by God die Vader, want Hy leef vir altyd.

Gemaak om te Skep: Ontdek en Gebruik Jou Kreatiewe Geskenke
7 dae
Voel jy dat jy iets spesiaals het om die wêreld te bied, maar onsekerheid of vrees hou jou terug? God roep jou om te skep. Hoe weet ek dit? Ons smag daarna om te skep omdat ons na die beeld van die Skepper gemaak is. Of dit nou 'n besigheid, gesin, bediening of boek is, ons Skepper God het ons 'n diep begeerte gegee om saam met Hom te skep.

Die DNS Van Potensiaal
7 Dae
Stop. Kyk. Ervaar. Dit is die verskil tussen middelmatigheid en jou roeping. Agter die alledaagse sien jy 'n see van moontlikhede – jou eie, Godgegewe potensiaal. Jy is uniek, met talente wat net aan jou toevertrou is. Jy kan 'n baanbreker, 'n sportheld, of selfs die president word! Jy is nie geskape om middelmatig te wees nie. Die vraag is: Wat gaan jy met hierdie geskenk doen? Ons ontleed die DNS van Potensiaal deur stil te staan by spesifieke areas: van spesiale waarde tot die teruggee van jou geskenk. Staan elke dag stil en aktiveer die volheid van jou roeping!

Koninkryksmanne wat Opstaan: 'n 8-dag leesplan
8 Dae
Ons kultuur is verward oor wat dit beteken om 'n man te wees. Begrippe van manlikheid word misverstaan en verguis. Hierdie leesplan spreek waarheid oor die doel en toekoms van Bybelse manlikheid. In hierdie leesplan sal mans op 'n eerlike manier worstel met die unieke vrae en omstandighede wat hulle vandag in die gesig staar terwyl hulle uitgenooi word om God se bedoeling met manlikheid te ontdek.

Bybel Vir Kinders
8 Dae
Hoe het dit alles begin? Waar kom ons vandaan? Hoekom is daar soveel ellende in die wêreld? Is daar enige hoop? Is daar lewe na die dood? Vind die antwoorde terwyl u hierdie ware geskiedenis van die wêreld lees.

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees
8 dae
Baie Christene wil graag met ongeredde mense oor Jesus praat, maar weet nie hoe nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n baie praktiese manier 'n gesprek te begin, mense van jou redding te vertel en ook hoe om die evangelie baie maklik vir iemand te verduidelik.