Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 2:15

Aanvaar die Uitdaging
4 dae
Daar is baie mans in die wêreld, maar God is op soek na koninkryksmanne wat sal opstaan en verantwoordelikheid vir hul eie optrede, hul gesinne, kerke en gemeenskappe neem. Wanneer sulke leierskap die leisels neem, sal God deur elke aspek van ons lewens verhoog word.

Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)
6 Dae
Die Groot Storie se reeks leesplanne help jou om die Bybel beter te verstaan, spesifiek hoe alles in mekaar pas. Dit is veral sinvol vir ‘n gelowige wat nie verstaan hoe die Ou en Nuwe Testament by mekaar inpas nie. Die reeks leesplanne help jou veral sien hoe God se verlossingsplan vir die mens soos ‘n goue draad reg deur die hele Bybel span. “Die Wetboeke”, gee jou insig in die eerste vyf boeke van die Bybel.

Enkellopend, Gereed om te Meng
7 dae
Om uit te gaan en te trou is waarskynlik die onderwerpe waaroor daar die meeste gepraat word onder jong mense en selfs volwassenes. Dit maak sin, aangesien om 'n lewensmaat te kies die tweede belangrikste besluit is, na jou besluit om Christus te volg, wat jy ooit in jou lewe sal neem. In hierdie leesplan, sal jy ontdek hoe om op God se manier met iemand uit te gaan en sal jy 'n paar sleutel beginsels leer van 'n suksesvolle verhouding.

The Chosen + BibleProject: Reeks 5-Leesplan
7 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se identiteit en die aard van God se koninkryk, soos voorgestel in die Evangelies. Hierdie sewe-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se vyfde reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Hierdie leesplan ontgin temas in Jesus se laaste week in Jerusalem soos geregtigheid, gebed, status en die dood.

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
9 Dae
Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.

Ten volle Toegewyd: Skepping
14 Dae
Wou jy al ooit in jou verhouding met God groei, die Bybel beter verstaan en leer hoe om Jesus vandag in ons wêreld getrou te volg? Met die Bybelse verhaal as ons gids, kom ontdek saam met ons waarhede en ontwikkel vaardighede wat ons sal help om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word. Hierdie leesplan is deel 2 van die 9-dele Volledig Toegewyde Reis.