Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 2:18
![Huwelik](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F47%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Huwelik
5 ditë
Die huwelik is 'n uitdagende dog vervullende verhouding en so dikwels vergeet ons dat die “Ja" of "Ek sal” net die begin is. Die Bybel is gelukkig vol lering oor die huwelik, uit die man sowel as die vrou se perspektief. Die kort Skrifgedeeltes wat jy elke dag sal lees as deel van hierdie leesplan, is so ontwerp om jou te help om te verstaan wat God se doel met die huwelik is—dit sal ook jou verhouding met jou eggenoot laat verdiep.
![Die Ring. 'n 6-Dag Leesplan Vir Huweliksmaats.](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F16355%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Die Ring. 'n 6-Dag Leesplan Vir Huweliksmaats.
6 dae
Op ‘n egpaar se huweliksdag sê hulle “Ja”, beloof trou aan mekaar en is ringe uitgeruil as ‘n simbool van hierdie nuwe eenheid. Hierdie 6-dag Bybelplan gebruik die metafoor van die ring om sekere aspekte van die huwelik uit te lig. Elke dag is geskryf deur 'n ander huwelikspaar wat self in hierdie ring van liefde leef.
![Enkellopend, Gereed om te Meng](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F15695%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Enkellopend, Gereed om te Meng
7 dae
Om uit te gaan en te trou is waarskynlik die onderwerpe waaroor daar die meeste gepraat word onder jong mense en selfs volwassenes. Dit maak sin, aangesien om 'n lewensmaat te kies die tweede belangrikste besluit is, na jou besluit om Christus te volg, wat jy ooit in jou lewe sal neem. In hierdie leesplan, sal jy ontdek hoe om op God se manier met iemand uit te gaan en sal jy 'n paar sleutel beginsels leer van 'n suksesvolle verhouding.
![Gedagte Vir Die Dag](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F28532%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Gedagte Vir Die Dag
10 dae
Hierdie is `n samestelling van tien "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier punte en `n gebed. Ons hoop elke dag se boodskap is vir jou soos vars manna van die Here af.
![Wandel Deur Die Gees](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F28870%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wandel Deur Die Gees
14 dae
As jy vandag oormoeg, oorwerk of sommer net oorweldig voel, is intieme gebedstyd saam met God net wat jy nodig het. Die 14 gebedsoordekings deur Cherie Hill uit haar dagboek WANDEL DEUR DIE GEES is geskryf as persoonlike boodskappe van die Heilige Gees aan jóú. Ons Voorspraak, Helper en Trooster is elke dag by ons en ons moet ons ons instel op sy stem en bemoediging.
![Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F37159%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld
29 dae
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.