Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 2:2

Gewoontes
6 Dae
Verandering is nie maklik nie, maar dit is ook nie onmoontlik nie. Deur ‘n paar klein gewoontes aan te leer, kan jy die beeld wat jy vandag van jouself het, verander en kan jy groei tot die persoon wat jy môre wil wees. Hierdie Life.Church leesplan neem jou deur die Skrif om goeie, daaglikse gewoontes aan te kweek wat blywend is.

Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)
6 Dae
Die Groot Storie se reeks leesplanne help jou om die Bybel beter te verstaan, spesifiek hoe alles in mekaar pas. Dit is veral sinvol vir ‘n gelowige wat nie verstaan hoe die Ou en Nuwe Testament by mekaar inpas nie. Die reeks leesplanne help jou veral sien hoe God se verlossingsplan vir die mens soos ‘n goue draad reg deur die hele Bybel span. “Die Wetboeke”, gee jou insig in die eerste vyf boeke van die Bybel.

Ses Stappe Tot Suksesvolle Leierskap
7 Dae
Is jy gereed om as leier te groei? Craig Groeschel verduidelik ses Bybelse stappe wat enigeen kan neem om 'n beter leier te word. Ontdek 'n dissipline om mee te begin, die moed om op te hou wanneer nodig, om iemand te bemagtig, om 'n stelsel te skep, 'n verhouding te begin en die risiko wat jy moet neem.

7 Dae van Deurbraak
7 dae
Ons almal wil deurbraak ervaar in ons lewe, maar wat kan ek doen om dit te beleef?

Vier jou vrou-wees
7 dae
Daar is so baie dinge vandag wat vroue “doodmaak”. Oor die volgende sewe dae wil ons jou waarsku teen die goed wat vroue se lewens wil verwoes, hulle vreugde en unieke vrou-wees wil steel. Jy kan egter altyd onthou: Jou God is groter as jou probleme. Hy is jou Vader wat jou liefhet en vashou. Hierdie leesplan is saamgestel uit VROU-WEES deur Stephan Joubert en Johan Smith.

Bybel Vir Kinders
8 Dae
Hoe het dit alles begin? Waar kom ons vandaan? Hoekom is daar soveel ellende in die wêreld? Is daar enige hoop? Is daar lewe na die dood? Vind die antwoorde terwyl u hierdie ware geskiedenis van die wêreld lees.

Ten volle Toegewyd: Skepping
14 Dae
Wou jy al ooit in jou verhouding met God groei, die Bybel beter verstaan en leer hoe om Jesus vandag in ons wêreld getrou te volg? Met die Bybelse verhaal as ons gids, kom ontdek saam met ons waarhede en ontwikkel vaardighede wat ons sal help om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word. Hierdie leesplan is deel 2 van die 9-dele Volledig Toegewyde Reis.