Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 2:24
![Huweliksbeloftes](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F32181%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Huweliksbeloftes
5 dae
Wanneer jy gedurigdeur herhinner word aan die beloftes wat voor God en sy mense gemaak is, word die erns van jou verbintenis herhaaldelik opgeroep. Dit gebeur so maklik dat die beloftes wat voor die predikant op die huweliksdag gemaak word agterweë bly by die onthaal. So of jy nou reeds voor die kansel gestaan het of nog op pad is, is hierdie plan vir jou.
![Huwelik](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F47%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Huwelik
5 ditë
Die huwelik is 'n uitdagende dog vervullende verhouding en so dikwels vergeet ons dat die “Ja" of "Ek sal” net die begin is. Die Bybel is gelukkig vol lering oor die huwelik, uit die man sowel as die vrou se perspektief. Die kort Skrifgedeeltes wat jy elke dag sal lees as deel van hierdie leesplan, is so ontwerp om jou te help om te verstaan wat God se doel met die huwelik is—dit sal ook jou verhouding met jou eggenoot laat verdiep.
![Die Ring. 'n 6-Dag Leesplan Vir Huweliksmaats.](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F16355%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Die Ring. 'n 6-Dag Leesplan Vir Huweliksmaats.
6 dae
Op ‘n egpaar se huweliksdag sê hulle “Ja”, beloof trou aan mekaar en is ringe uitgeruil as ‘n simbool van hierdie nuwe eenheid. Hierdie 6-dag Bybelplan gebruik die metafoor van die ring om sekere aspekte van die huwelik uit te lig. Elke dag is geskryf deur 'n ander huwelikspaar wat self in hierdie ring van liefde leef.
Vroue Van Die Bybel
7 Dae
Om God te volg is beslis nie aldag maklik nie! Nie vandag nie, en ook nie 2 000 jaar gelede nie. In hierdie leesplan kan jy stilstaan by ses inspirerende vroue uit die Bybel en sien hoe hulle God gevolg het – ten spyte van hul tekortkominge en mislukkings. Hierdie leesplan is saamgestel uit VROUE VAN DIE BYBEL deur Wayne Barber, Eddie Rasnake en Richard Shepherd.
![Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F37159%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld
29 dae
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.