Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 3:8

Aanvaar die Uitdaging
4 dae
Daar is baie mans in die wêreld, maar God is op soek na koninkryksmanne wat sal opstaan en verantwoordelikheid vir hul eie optrede, hul gesinne, kerke en gemeenskappe neem. Wanneer sulke leierskap die leisels neem, sal God deur elke aspek van ons lewens verhoog word.

Wat Jesus Gesê Het Oor Sondebelydenis
6 dae
Sonde word slegs deur die bloed van Jesus afgewas. Hierdie leesplan sal jou help om te verstaan wat die gevolge van sonde is, wat om te doen as jy jou sonde bely en nie vergifnis beleef nie, hoe jy seker kan wees dat jou God jou sonde vergewe het en wat Jesus as sonde beskou.

Wanneer Jy Skaam en Vernederd Voel
7 Dae
Sonde veroorsaak dat ons dikwels skaam en vernederd voel. Dan sukkel ons om Bybel te lees, of te bid. Kom ontdek vandag God se liefde vir jou en ervaar hoe Jesus Christus se vergifnis ook vir jou beskikbaar is.

Bybel Vir Kinders
8 Dae
Hoe het dit alles begin? Waar kom ons vandaan? Hoekom is daar soveel ellende in die wêreld? Is daar enige hoop? Is daar lewe na die dood? Vind die antwoorde terwyl u hierdie ware geskiedenis van die wêreld lees.

Om na God te Luister
10 Dae
Praat God steeds vandag met ons? Indien wel, hoe kan ons sy stem onderskei van die misleiding en verdraaiings van die vyand? Sluit by Dr. Charles Stanley aan waar hy jou leer hoe om God se stem te identifiseer, aktief te luister na sy leiding en om die waarheid te onderskei van die vals boodskappe wat jou wil mislei. Ontdek jou sleutelrol in die beoefening van gebed en om na God se stem te luister.

Uit die Beek: 'n Reis in Genesis
10 Dae
Met hierdie leesplan, Uit die Beek 2021, stap ons saam deur die eerste hoofstukke van Genesis. Ontdek opnuut die God van die begin — die Skepper wat lig bring in donkerte, orde bring uit chaos en steeds mense met genade en liefde opsoek. Deur daaglikse oordenkings, gebede en skrifgedeeltes leer ons hoe God se teenwoordigheid van Eden af tot vandag toe troos, rigting en nuwe hoop gee.

21 Dae Vas en Gebed
21 dae
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za