Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 1:1

’n Kersfees Saam met Jesus
7 Dae
Gewone mense soos ons word genooi om saam te kom feesvier omdat Jesus na ons toe gekom het. Sy koms het die wêreldgeskiedenis vir altyd verander! Jesus bring egter nie tydelike feesgroete nie. Stephan Joubert kom herinner jou dat Hy hierdie Fees vul met nuwe inhoud. So trek sy feesklere aan in hierdie feestyd en onthou: Hy is die rede vir Kersfees. Hy is die Een oor wie dit gaan.

Onvoldoende antwoorde - Daar is nie antwoorde vir alle vrae nie
9 Dae
Deur die loop van die lewe ervaar almal van ons pyn, verwerping, onsekerheid, konflik en teleurstelling. Dit lei onvermydelik tot vrae oor die lewe en die doel van die lewe. Daar is ongelukkig nie voldoende antwoorde op alle vrae nie. God gee egter meer as voldoende antwoorde in die Skrif sodat ons sinvol en met vreugde kan lewe.

Om na God te Luister
10 Dae
Praat God steeds vandag met ons? Indien wel, hoe kan ons sy stem onderskei van die misleiding en verdraaiings van die vyand? Sluit by Dr. Charles Stanley aan waar hy jou leer hoe om God se stem te identifiseer, aktief te luister na sy leiding en om die waarheid te onderskei van die vals boodskappe wat jou wil mislei. Ontdek jou sleutelrol in die beoefening van gebed en om na God se stem te luister.

Verlosser - Die Belofte Vervul
29 dae
Kersfees kan 'n oorweldigende seisoen wees. Dis maklik om te vergeet wat ons werklik met Kersfees vier: Ons vier dat 'n Verlosser vir ons gebore is. Ons vier die vervulling van die Wet en die Profete in Jesus. Ons vier Immanuel, God met ons. Ons bid dat hierdie studie sal help om jou geloof, jou begrip van Kersfees en die koms van Christus ons Verlosser, te verdiep.