Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 11:1

'n Lewe van oorwinning
3 Dae
Oorwinning is iets wat binne in die mens posvat en wat 'n mens dan na buite uitleef. Daarom is oorwinning nie 'n plek wat jy bereik nie. Dit is 'n manier van leef ten spyte van jou omstandighede. Om 'n lewe van oorwinning te leef beteken dat jy enige vrese deur geloof in die oë kyk, dat jy getrou bly tydens beproewings en dat jy met hoop besiel is.

Die tragedie van leiers wat ophou droom
4 Dae
Hierdie leesplan nooi jou om weer die krag van God-gegewe drome in jou lewe en leierskap te ontdek. Dit help jou onderskei tussen oorlewing en doelgerigte beweging, en wys hoe visie, geloof en waagmoed hand aan hand loop. Deur praktiese insigte en Bybelse waarheid leer jy om uit instandhouding te beweeg na ’n lewe van passie en rigting. Jy sal uitgedaag word om weer te droom, die prys te betaal en met volharding vorentoe te beweeg. Want wanneer jy droom, begin jy leef soos God dit bedoel het.

Verontskuldiging 101
7 Dae
Met slegs 17% van vandag se gelowiges wat in staat is om hul Christelike oortuigings te verwoord en te verdedig, moet ons die basiese beginsels leer om tot die huidige kultuur deur te dring en ons geloof te verdedig, deur die praktyk van veronskuldiging. Geneem uit Summit Ministry se nuwe boek "Understanding the Faith."

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!
7 dae
‘n Vreugdevolle, doelgerigte lewe is gegrond op verhoudings, liefde en geloof. Indien jy graag meer duidelikheid wil hê oor God se plan vir jou lewe, neem dan deel aan hierdie plan; dit sal help om jou gefokus te hou om na hierdie plan te strewe en dit te ontdek. Geneem uit die boek, “Out of This World: A Christian’s Guide to Growth and Purpose”, geskrywe deur David J. Swandt.

God Is Hier!
7 dae
In ’n wêreld waarin ons daagliks gebombardeer word met inligting en keuses, vergeet ons soms dat die heel belangrikste keuse ons geloofskeuse is. Soms moet ons ons fokus weer op God instel om te besef dat Hy elke tree van die pad saam met ons is. Hy sal ons help om deur ons daaglikse uitdagings te navigeer. Hierdie 7 oordenkings kom uit Johann van Zyl se dagboek GOD IS HIER!

Soms Vra God Geduld ...
7 Dae
Geloof is nie “Siedaar!” nie – jy klap nie bloot jou vingers of swaai ’n towerstaf nie. Jy moet eers vra na die wil van God. En dan moet jy dikwels wag ... Ons moet getrou bly tot ons God se stem hoor en geduldig op Hom wag – so word ons geloof ook vir ander sigbaar. Hierdie leesplan is saamgestel uit IN STILWEES EN VERTROUE deur Angus Buchan.

Die deur is toe; wat nou?
7 Dae
Soms kom ons voor daardie spreekwoordelike "Toe Deur" te staan. Wat moet ons doen as dit vir ons voel God hoor ons nie? Die verhaal van die verlamde man wys ons daarop dat die toe-deur-oomblikke eintlik die begin kan wees van wonderlike deurbrake.

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs
8 Dae
In hierdie leesplan, "Sy Glorie, My Storie: 'n Studie van Sy Heerlikheid in Hebreërs" verken ons, ons identiteit in Christus, hoe om in en vanuit God se teenwoordigheid te leef. Ons leer van die verklarings wat God maak oor ons identiteit en reinheid. Ons sien wat dit beteken om as geloofshelde te leef, en hoe ons bemagtig word deur God se Heerlikheid om die wêreld vir Sy Koninkryk te beïnvloed.

In stilwees en vertroue
10 dae
God sal jou nie in die steek laat nie. Wees gehoorsaam aan Hom en vertrou op Hom bo enigiemand en enigiets anders in jou lewe. Dít is Angus Buchan se boodskap wanneer hy jou deur persoonlike ervarings en Bybelse waarhede aanmoedig om te vertrou op die enigste Een wat altyd daar sal wees vir jou. Hierdie leesplan is saamgestel uit IN STILWEES EN VERTROUE deur Angus Buchan.

Hoop vir Vandag
10 dae
Ons almal kort soms ’n ekstra skoot hoop vir ’n harde dag, moeilike situasies of konstante uitdagings wat jou wil-wil onderkry. Hierdie 10 kort, verkwikkende oordenkings sal jou help om te onthou hoe kosbaar God se hoop is waaraan jy elke dag kan vashou. Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR VANDAG deur Nina Smit.

Hoop Vir Elke Môre
10 dae
Waarvoor hoop jy vandag? Is daar iets nuuts wat jy graag sou wou probeer? Het jy ’n doelwit wat jy graag wil bereik? Kom ons begin leef in hoop. Want al weet ons dat ons voor uitdagings te staan sal kom, wéét ons God is getrou! Kom ons staan elke dag op met HOOP en leef dit uit! Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR ELKE MÔRE deur Joanna Teigen.

Wat Jesus Gesê Het Oor Vergifnis
10 dae
Vergifnis is een van die belangrikste sake in die Skrif. Ons evangelie is 'n evangelie van vergifnis. God vergewe ons sonde. Jesus is ons Verlosser van sonde. As Christene sukkel ons egter dikwels om ander te vergewe. Hier word 'n aantal tipes vergifnis bespreek. Dieselfde Jesus Christus wil jou vry maak van jou probleem om te vergewe.

Alles Wat Ek Nodig Het
14 dae
Wanneer die uitdagings van elke dag oorweldigend voel en jy bemoediging nodig het, is dit tyd om krag te put uit die wete dat jy in God se liefde leef en dat Hý ALLES is wat jy nodig het. Alombekende evangelis, Angus Buchan, herinner jou in hierdie 14-dag leesplan uit sy dagboek, ALLES WAT EK NODIG HET, dat jy op God kan vertrou vir alles wat jy nodig het.

Hoop Op God!
15 Dae
Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.

21 Dae Vas en Gebed
21 dae
Ons as gemeente gaan elke jaar in 'n tyd van vas en gebed in. Dit strek oor 'n 21 dae tydperk. Vir die 21 dae, is daar elke dag 'n fokuspunt waarvoor ons saam as gemeente sal bid en vertrou. "Geloof benodig gebed vir sy groei en volle ontwikkeling, en gebed benodig vas vir dieselfde rede." - Finnis Jennings Dake