Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 2:18

Christus, ons Koningin Ester
3 dae
Die boek Ester is ʼn verstommende verhaal van waagmoed en liefde en tipeer ook Jesus se verhaal. In hierdie drie-dag leesplan ondersoek Dr. Kwasi Amoafo hoe die Ou Testamentiese verhaal van Ester parallel loop met die evangelie en ʼn fantastiese prentjie skets van ons geestelike verlossing deur Jesus wat met ons geïdentifiseer het, ingegryp het en ons verlos het toe ons magteloos was om onsself te red.

Maria Was 'n Ma
7 Dae
Moederskap is die ondankbaarste maar oorweldigendste beroep vir baie vroue. Waarmee kan ons identifiseer en wat kan ons leer van die vrou wat gekies is om die Messias in die lewe te bring? Lees saam met Robin Meadows hierdie 7-dag leesplan oor Jesus se ma, Maria.

Wees Bly - Vier die Adventtyd
29 Dae
Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.