Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 4:12

Inleiding
3 dae
Begin jou Bybeloudiostudiereis met 'n daaglikse gids tot belangrike studiebenodigdhede en kies verse uit God se woord. Leer om jou tyd te maksimeer om die Bybel te lees.

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 1)
5 Dae
Aanmoediging vir mammas van 'n ma wat haar sewe kinders groot gemaak het en geleef het om daarvan te vertel. Hierdie is deel 1 van twaalf oordenkings in hierdie reeks van Robin Meadows!

God Is Naby Jou Deur Nina Smit
5 dae
Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers herinner dat God altyd naby hulle is, en wil hulle aanmoedig om Hom in gebed te soek. Elke dag bevat gedagtes oor God se teenwoordigheid in hul alledaagse lewe, en eindig met ’n gebed. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Nina Smit se boek, “God is naby jou - 90 dae van bemoediging."

Wat Jesus gesê het oor die Woord
6 dae
Die Woord van God is die middelpunt van die Christen se lewe. Ons moet onder die gesag van die Woord leef en ons lewens moet volgens die Woord gerig word. In die Bybel (die Woord van God, die Skrif), leer ons wat die wil van God is, ons leer wie God is, wat Hy wil hê ons moet doen en hoe ons Hom moet aanbid.

Die Wapenrusting van God
7 Dae
Ons word opdrag gegee om die volle wapenrusting van God aan te trek wat geloof, verlossing, vryspraak, waarheid en vrede insluit. Daar word nie verwag dat ons dit moet bewerkstellig nie, maar dat ons dit moet aantrek. Hierdie wapenrusting is God se voorsiening aan elke gelowige. Elke Christen het die wapenrusting van God, maar nie elke Christen trek dit aan nie. Wapenrusting dien nie sy doel as dit nie gedra word nie.

Doelgerigte Gebed
7 dae
Ons besef die belangrikheid van gebed. Maar hoe moet ons bid? Hoe kan ons gebede prakties wees? En wat bedoel mense wanneer hulle sê jy moet die Skrif bid? Bennie Mostert bied vir jou praktiese wenke in die volgende 7 dae. Jy sal die basiese konsep van hoe om die Skrif te bid verstaan en die voorbeeld-gebede uit DOELGERIGTE GEBED sal jou leer bid deur self te bid!

Die Bybel is lewendig
7 Dae
Sedert die begin van alle tye, het die Woord van God die harte en denke van mense aktief herstel — en God is nog nie klaar nie. Kom ons vier die lewensveranderende krag van die Skrif in hierdie 7-dag leesplan deur van naderby te kyk hoe God die Bybel gebruik om 'n impak op die geskiedenis te maak en lewens regdeur die wêreld te verander.

Wandel deur God se Woord
7 Dae
Jimi le Roux stap in hierdie 7 oordenkings saam met jou deur die Bybel deur te fokus op 7 bekende gedeeltes sodat jy die impak van die Woord opnuut sal ontdek. Ontdek hoe prakties, lewensveranderend en bemoedigend God se Woord is, en dat dit die duidelikste roetewyser vir jou lewenspad is.

Liefde sonder vooroordeel
27 Dae
Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genade en barmhartigheid lees, en mag jy nooit vergeet dat niemand te sleg is om gered te word nie.