Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 4:13

Oorweldig Deur My Seëninge (Deel 1)
5 Dae
Aanmoediging vir mammas van 'n ma wat haar sewe kinders groot gemaak het en geleef het om daarvan te vertel. Hierdie is deel 1 van twaalf oordenkings in hierdie reeks van Robin Meadows!

Veg vir Eensgesindheid in 'n Verdeelde Wêreld
5 Dae
Hoe volg jy Jesus getrou in 'n verdeelde wêreld? In 'n wêreld waar elke kwessie 'n groot geveg tussen "ons" en "hulle" geword het, is dit belangriker as ooit om te onthou dat Jesus steeds op die troon is, ongeag wat gebeur. Leer hoe om soos 'n dissipel van Jesus te reageer op 'n wêreld wat al hoe meer verdeeld raak.

Verbreek die Houvas van Depressie
6 dae
Selfdood is besig om 'n epidemie te word. Ons almal was al mismoedig, selfs depressief. Beteken dit ons ly aan depressie of loop die risiko om selfdood te pleeg? Jy het waarskynlik soortgelyke vrae oor depressie. In hierdie leesplan verduidelik dr. Karl Benzio, 'n Christenpsigiater, aan die hand van sielkunde, hoe God ons denke ontwerp het en sit dit uiteen vanuit 'n Bybelse perspektief. Hy ondersoek oorsake, simptome, en veral maniere om die houvas van depressie te verbreek en toegang tot God se vrede en vreugde te verkry.

Wat Jesus gesê het oor die Woord
6 dae
Die Woord van God is die middelpunt van die Christen se lewe. Ons moet onder die gesag van die Woord leef en ons lewens moet volgens die Woord gerig word. In die Bybel (die Woord van God, die Skrif), leer ons wat die wil van God is, ons leer wie God is, wat Hy wil hê ons moet doen en hoe ons Hom moet aanbid.

Verstaan en Bid Deur Jou Geestelike Winters
6 Dae
Daar kom vir almal van ons tye wat soos geestelike winters voel. Hierdie leesplan sal jou help om sin te maak van jou geestelike winters en te verstaan dat geestelike winters absoluut noodsaaklik is vir geestelike groei en vrugdra.

Ten volle Toegewyd: 'n Inleiding
14 Dae
Wil jy groei in jou verhouding met God, die Bybel beter verstaan en leer hoe jy vandag vir Jesus getrou in ons wêreld kan volg? Met die Bybelse verhaal as ons gids, kom ons ontdek waarhede en ontwikkel vaardighede wat ons sal help om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word. Hierdie leesplan is deel 1 in 'n reis van 9 dele.

Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek Johannes
25 Dae
Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.

Liefde sonder vooroordeel
27 Dae
Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genade en barmhartigheid lees, en mag jy nooit vergeet dat niemand te sleg is om gered te word nie.