Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 4:14

Jesus, Ons Groot Hoofpriester
4 Dae
Die meeste van ons is nie vertroud met die rol van ʼn hoofpriester nie, so wanneer Jesus so beskryf word in die Woord kyk ons dit maklik mis – dit is net nog een van sy vele titels. Godfrey Mmagawo sien dit egter heeltemal anders. In hierdie 4-dag leesplan verduidelik hy hoe ʼn skynbaar onbelangrike stukkie Joodse kultuur groot implikasies het vir hoe ons deesdae met kultuur omgaan.

Geloof in plaas van Vrees tydens die Pandemie
5 dae
In ‘n tyd waarin selfs gelowiges in vrees leef, is dit tyd om onbevrees vir ons geloof op te staan en die lig van Jesus se liefde in die harte van mense te laat skyn. Sluit gerus by Berni Dymet van Christianityworks aan, as hy die Bybel oopmaak en die Heilige Gees die geleentheid bied om rustigheid en vrede in jou hart te bring.

Verbreek die Houvas van Depressie
6 dae
Selfdood is besig om 'n epidemie te word. Ons almal was al mismoedig, selfs depressief. Beteken dit ons ly aan depressie of loop die risiko om selfdood te pleeg? Jy het waarskynlik soortgelyke vrae oor depressie. In hierdie leesplan verduidelik dr. Karl Benzio, 'n Christenpsigiater, aan die hand van sielkunde, hoe God ons denke ontwerp het en sit dit uiteen vanuit 'n Bybelse perspektief. Hy ondersoek oorsake, simptome, en veral maniere om die houvas van depressie te verbreek en toegang tot God se vrede en vreugde te verkry.

Waagmoed
7 Dae
Leer wat die Bybel te sê het oor durf en vertroue. Die "Moed" leesplan bemoedig gelowiges met herinneringe van wie hulle in Christus is en God se koninkryk. Wanneer ons aan God behoort, is ons vry om Hom direk te nader. Lees weer - of dalk vir die eerste keer - sekerheid dat jou plek in God se familie verseker is.

Ten volle Toegewyd: 'n Inleiding
14 Dae
Wil jy groei in jou verhouding met God, die Bybel beter verstaan en leer hoe jy vandag vir Jesus getrou in ons wêreld kan volg? Met die Bybelse verhaal as ons gids, kom ons ontdek waarhede en ontwikkel vaardighede wat ons sal help om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word. Hierdie leesplan is deel 1 in 'n reis van 9 dele.

Gebed
3 Weke
Leer hoe om volgens die gebed van gelowiges en volgens die woorde van Jesus te bid. Vind bemoediging om op `n daaglikse en aanhoudende basis jou versoeke met volharding en geduld na God te neem. Ondersoek voorbeelde van leë, selfbehaaglike gebede in vergelykking met opregte gebede van die met rein harte. Bid aanhoudend.