Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 30:18

Stilword-oomblikke saam met God vir mans
7 Dae
“Ja, maar wat gaan ons daaromtrent DOEN?” Dis net natuurlik om dit te vra wanneer dinge skeefloop. En om dan te hoor “Ons sal net op God moet vertrou”, kan darem te rustig klink as ons mense is wat van kragtige optrede hou, soos die meeste mans. Maar Jesaja 30:15, om maar een plek in die Bybel te noem, sê om in moeilike tye op God te vertrou, is eintlik die heel beste wat ons kan doen. Mike Beaumont wil met hierdie sewe oordenkings mans herinner dat ons op God kan en móét vertrou. Hy is altyd daar.

Wegkruipplek Oordenking
10 Dae
Is daar nie tye wanneer jy as 'n ma net wil wegkruip nie ... byvoorbeeld in die spens met 'n sjokolade stafie? Weggesteek van die storms van die lewe en die gewig van verantwoordelikhede. Weggesteek van die geraas. Weggesteek van die roetine. Weggesteek van ons taak-lysies. Weggesteek van ons titel. Net weggesteek en alleen met Christus waar ons kan hoor hoe Hy ons by die naam roep. Weggesteek, waar ons sy oorwinningsliedere kan toelaat om ons ore te vul.