Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 30:21

Beter Besluite, Minder Berou
5 dae
Goeie vrae lei tot beter besluite. Ontdek vyf lewensveranderende vrae wat jy kan vra elke keer as jy ’n besluit moet neem – vrae wat jou sal help met jou finansies, verhoudings en loopbaan. Al wil niemand hul lewe kompliseer met slegte besluite nie, het die meeste mense nie ’n plan om goeie besluite te neem nie. Hierdie leesplan is gebaseer op Andy Stanley se boek "Better Decisions, Fewer Regrets."

Stilword-oomblikke saam met God vir mans
7 Dae
“Ja, maar wat gaan ons daaromtrent DOEN?” Dis net natuurlik om dit te vra wanneer dinge skeefloop. En om dan te hoor “Ons sal net op God moet vertrou”, kan darem te rustig klink as ons mense is wat van kragtige optrede hou, soos die meeste mans. Maar Jesaja 30:15, om maar een plek in die Bybel te noem, sê om in moeilike tye op God te vertrou, is eintlik die heel beste wat ons kan doen. Mike Beaumont wil met hierdie sewe oordenkings mans herinner dat ons op God kan en móét vertrou. Hy is altyd daar.

Geestelike Dissiplines en Evangelisasie
9 Dae
Die geestelike dissiplines speel 'n spesifieke rol in die Christelike ervaring — dit lei gelowiges om meer soos Jesus te word in hul gedagtes, woorde en dade. Hoe maak dit deel uit van ons roeping om die liefde van Jesus aan ander te toon en te bewys? Hierdie leesplan sluit agt van die geestelike dissiplines in om jou te help groei in geloof, sodat dit na ander toe sal oorloop!