Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 40:26

Saam. Stil. Sterk.
3 Dae
Kom SAAM op reis met die verhaal van Elia en Elisa. Raak met jou eie verhaal STIL by die Here. En staan STERK in jou lewensstryd.

Wie is God?
7 dae
Werk deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het 7 bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere bydraes uit die Bybel. Dag 6: Bydraes uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op alle gelowiges. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of kleingroep.

Jou Wedstryd | Deel 2
7 Dae
"Yes", jy kan ook in die "A-team" van die lewe speel! Hierdie 7-dagleesplan gebruik die beeld van sport om jou geestelike "journey" te verduidelik. Jy ontdek dat God jou gekies het, Hy is jou coach en kaptein, en Hy maak jou 'n wenner. Deur vasbyt, geloof en die “J-factor” leer jy om "challenges" te oorkom. Selfs ná foute is daar hoop en herstel. Die leesplan help jou om eerlik te kyk na waar jy staan en met "passion", sweet en "joy" by die wenstreep uit te kom. Kom, wees 'n "genuine" wenner "for life"!