Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 41:10

Vreugde Vir Vandag
5 dae
Vreugde vir vandag se oordenkings nooi jou om jou kommer en sorge elke dag aan die Vader se voete neer te sit. Vind jou hoop en vreugde in Jesus Christus. In sy krag kan jy enige uitdaging oorkom – solank jy vashou aan Hom en sy beloftes. Laat God jou anker wees en vind jou vreugde in Hom. Hy wil vir jou goed wees en sy seën oor jou uitstort.

Vas – ’N Gids Vir Beginners
7 dae
Die gebruik om te vas, kom baie algemeen in die Skrif voor. Ons sien deurlopend in die Bybel dat dié beginsel deur konings, profete en al God se mense beoefen is. Wanneer jy vas, sal jy sien dat saam met jou honger, jou nederigheid en heiligheid toeneem namate jy meer aan die beeld van Christus gelyk word.

5 Minute Saam Met God
10 dae
Die lewe kan soms soos een groot uitdaging voel. Maar God is nie ver en onbetrokke nie. Ons moet egter elke dag sy teenwoordigheid opsoek, of dit nou in daardie afgeknypte vyf minute is of intensiewe Bybelstudie. Wanneer jy deur geloofsoë kyk, sal jy God reg langs jou sien! Hierdie leesplan is saamgestel uit 5 MINUTE SAAM MET GOD deur Benescke Janse van Rensburg.

Hoe om die storms van die lewe te oorleef
12 Dae
Elkeen van ons sal op een of ander stadium in die lewe deur storms gaan. Al ons sekuriteit verkrummel, ons wonder hoekom God dit laat gebeur en wanneer die storm sal bedaar. Hierdie leesplan gee jou waardevolle raad om in so 'n situasie standvastig te bly. Hierdie raad is gebaseer op 'n ware Bybelse verhaal uit die boek Markus.

Vroue Van Die Woord
14 dae
Ons realiteit is een van gejaagdheid, moedeloosheid, vrees en angstigheid oor die toekoms. Maar keer op keer herinner God ons deur sy Woord wie ons is en dat Hy Hom oor ons ontferm. Kyk verby die dominante storie van vrees en moedeloosheid en sien dat God se pad met jou ’n pad van deernis en liefde is. Hierdie oordenkings kom uit Jannie Pelser se samestelling VROUE VAN DIE WOORD.

Beloftes van God
29 dae
Het jy al ooit die gesegde: 'beloftes word gemaak om gebreek te word,' gehoor? Terwyl mense beloftes mag maak en dan breek, doen God wat Hy belowe. In hierdie vier weke-studie oor die beloftes van God sal ons kyk na hoe God belowe om: met jou te wees, jou te lei, te help en jou te onderhou. Hy is die ware Beloftehouer. God se beloftes is onfeilbaar, onveranderlik en waar.

Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame Wêreld
29 dae
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.
