Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 42:5

Heilige Week met Die Uitverkorenes
8 Dae
Deur 'n mengsel van Skriflesings, uittreksels uit "Die Uitverkorenes" en oordenkingsmateriaal, sal hierdie 8-dae Heilige Week leesplan diep besinning en gebed aanwakker terwyl jy reg in die middel geplaas gaan word van sleuteloomblikke tydens Jesus se laaste dae van bediening op aarde: vandat Hy Jerusalem binnery tot by die skoonmaak van die Tempelhowe, na die Bovertrek - en verder in die Tuin.

Wees Bly - Vier die Adventtyd
29 Dae
Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.