Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 43:18

Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg
5 dae
Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers aanmoedig om ’n verandering in hul lewe te maak. Elke dag bevat gedagtes rondom die temas van gedagtes en verandering, en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Gerdi van den Berg se boek "Jy kán verander".

Om Wat Verborge is te Genees
5 Dae
Ons veroordeel onsself dikwels vir pyn, hetsy uit die verlede of in die hede. Ons voel skuldig omdat ons dit nie vinniger oorkom het nie. Ons neem aan dat iemand anders dit beter sou hanteer. Solank as wat ons egter trauma ontken, sal dit die mag behou om ons seer te maak. Die waarheid is dat jy glad nie besig is om te misluk wat genesing aanbetref nie. Jy is reeds besig om genesing te vind. God is 'n God van herstel. Hierdie is maar net die begin.

Dis Tyd Vir Vrae Vra
5 dae
'n Mens haak soms tydens jou reis met God by verskeie vrae vas. Ons almal het vrae oor verskillende dinge. In hierdie leesplan is daar vyf vrae wat jy heel moontlik al êrens op jou lewensreis gevra het. Jy kan natuurlik op verskeie maniere oor 'n vraag dink. Lees gerus hierdie leesplan — dalk is daar vrae waarmee jy kan identifiseer!

Suurlemoenseisoen
7 dae
Kyk anders na jou lewe en dink in terme van die liefde en goedheid van God as ’n Vader, Verlosser en Vertrooster. Besef dat daar in Hóm altyd ’n oplossing is vir selfs die suurste suur wat die lewe kan opdis.

’n Nuwe seisoen
7 dae
Hier op die drumpel van ’n nuwe jaar of nuwe tydperk kan die reis wat voorlê oorweldigend voel. Aangesien die besturing van die onbekende stimulerend én uitputtend kan wees, is dit belangrik dat God ons eerste prioriteit bly. Verál as ons enige verandering effektief en van harte wil aanpak. Hierdie 7 dag leesplan deur Suria Scholtz is ideaal vir tye van nuwe uitdagings en nuwe geleenthede.

Wanneer die Heilige Gees werk
7 dae
Vanaf die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag tot Jesus se wederkoms leef ons in die bedeling van die Heilige Gees waar God elke oomblik in en deur ons wil lewe. Het jy ‘n lewende verhouding met die Heilige Gees, ervaar jy sy werking, leiding, gawes en vrug? Hierdie leesplan wil jou help om die wonderlike, kragtige beheer van die Heilige Gees meer in jou lewe te ervaar.
