Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 43:2

Helingstyd
5 Dae
Dikwels wanneer vooruitsig of hoop kwyn, raak ons klein in gees en postuur. Ons loop kop onderstebo en bou konneksie met die grond. Soms van balans af en wollerig. Ons hart, siel en totale menswees voel stukkend as gevolg van hartseer, trauma, ongewenste gebeure. Maar daar is heling te vind mits jy besluit om die reis saam met God aan te pak.

Soeke na Vreugde: Ses Bybelse Waarhede deur John Piper
6 Dag
Almal in die wêreld wil graag gelukkig wees. Dit is onafwendbaar. Maar hoe presies pas ons strewe na geluk met God se strewe om verheerlik te word? Dit is een van die belangrikste vrae wat jy ooit kan vra. En die antwoord mag jou dalk verras.

Goliat Moet Val
7 Dae
Dis heel moontlik dat jy `n reus in jou lewe het wat jou gevange hou, jou intimideer, en jou vreugde steel. Teëstanders soos vrees, verwerping, gemak, woede, en verslawing steek `n kleim af en voor jy dit weet, verkry dit `n vastrapplek in jou hart. In hierdie sewe-dag leesplan, ondersoek Louie Giglio die verhaal van Dawid en Goliat om te wys hoe hierdie reuse kan val: deur te fokus op die grootte van ons God, nie die hoogte van jou reuse nie, en deur in die oorwinning te loop wat Jesus reeds behaal het.

Here, Ek Wil Sien!
7 dae
BESKRYWING: Ons kyk so maklik vas teen die uiterlike dinge in ons lewe. Ons verloor hoop, perspektief en geloof omdat ons bang en moedeloos raak. Kom ervaar hierdie week saam met my hoe hoog en wyd en diep God se genade vir my en jou strek sodat ons weer elke dag kan jubel en juig omdat Jesus Christus ons Here is en Hy die Een is wat ons geestesoë sal oopmaak!

Wanneer Jy Skaam en Vernederd Voel
7 Dae
Sonde veroorsaak dat ons dikwels skaam en vernederd voel. Dan sukkel ons om Bybel te lees, of te bid. Kom ontdek vandag God se liefde vir jou en ervaar hoe Jesus Christus se vergifnis ook vir jou beskikbaar is.

Die krag van 'n biddende ouer
7 Dae
Topverkoper-outeur Stormie Omartian het hierdie belangrike les oor ouerskap geleer: “Ek het geleer dat ek nie ’n volmaakte ouer hoef te wees nie; ek hoef net ’n biddende ouer te wees. Dit was iets wat ek wel kon doen. Ek het geleer om elke aspek van my kinders se lewens in gebed op te dra. Oor die jare het ek vir my kinders gebid (ja, hulle is al grootmense en ek bid nog steeds vir hulle) en my gebede is al op wonderlike wyses beantwoord.” Hierdie leesplan bevat sewe gebede vir kinders van enige ouderdom.

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal
8 Dae
BibleProject het hierdie plan ontwerp om individue, gesinne en groepe te help om na te dink oor sleutelgedeeltes wat die Bybel se veelsydige tema van verlossing uitlig. Wat is verlossing? Hoe werk dit? Wat is die doel daarvan? Deur middel van die Skrif, kort video’s en vrae volg hierdie plan die tema van verlossing vanaf Israel se eksodus tot by Jesus se verhaal en selfs verder en wys hoe God mense uit slawerny en dood red tot vryheid, liefde en ware rus.

Die Stryd in jou Gedagtes Dagstukkies
14 dae
Hierdie dagstukkies sal jou toerus met inspirasies van hoop om woede, verwarring, veroordeling, vrees, twyfel, te oorwin ... noem maar op. Hierdie insigte sal jou help om die vyand se komplot te ontbloot om jou te verwar met sy leuens, vernietigende denkpatrone te konfronteer, 'n oorwinning te vind in die transformasie van jou denke, krag te kry, aanmoediging en die belangrikste, oorwinning oor elke geveg in jou gedagtes.

In Jesus Is Jy...
29 dae
Wie is ek? Waarom is ek hier? Maak ek saak? As ons nie weet wat ons identiteit is nie, kan ons nie leef soos ons bestem is om te leef nie. Ons kan probeer om ons identiteit deur ons gesin, loopbaan, vriende, stokperdjies of nasionaliteit te definieer. In hierdie studie gaan ons fokus op die waarheid wie ons in Christus is en daardeur ons ware identiteit verstaan.