← Leesplanne
Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 46:9

Tydloos
5 Dae
God is. Hy ís die begin en die einde. Hy het die heelal geskape en alles wat daarin bestaan. Hy is alomteenwoordig. Tydloos beteken dat “iets” (in dié geval God) só goed en mooi is, dat dit nie deur die samelewing geaffekteer kan word nie. Dit is waar, maar wat meer waar is, is dat ons God nooit sal kan ontleed nie. Want God ís tyd; Hy is tydloos binne ‘n wêreld wat deur horlosies en lyne in dagboeke regeer word.

Geanker in genade
12 dae
God bewys nie net genade aan jou elke keer as jy sondig nie, maar Hy vergewe jou en bewys elke dag, 365 dae ’n jaar, opnuut genade aan jou. Ontvang dit met ’n dankbare hart en wees daarom gereed om meer genade aan ander te bewys. Hierdie leesplan is saamgestel uit GEANKER IN GENADE.