Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 50:7

Te Veel Van ’n Goeie Ding …
5 dae
Een van die duiwel se oudste truuks is om ons te lok met dinge wat goed lyk, voel en proe … terwyl dit nie noodwendig goed is vir ons nie. Oordoen jy dalk iets wat inherent goed is? Hierdie 5 oordenkings, saamgestel uit SOOS APPELS VAN GOUD deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn, bied daaglikse pitkos uit God se Woord, asook heilsame brokkies oor liggaamlike welsyn.

Sy liefde red ons
7 dae
God het sy liefde gedemonstreer deur sy enigste Seun te stuur om as offer in ons plek aan die kruis te sterf. As vlekkelose Lam van God het Jesus die ganse mensdom met sy bloed vrygekoop. In Hom staan ons voor God die Vader, volmaak, vergewe en vrygespreek, ons foute vir ewig uitgewis. Daarom kan ons Hom vandag loof en die kruis aangryp en weet: Sy liefde red ons!

Verlos Van Skande
29 dae
Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien hoe God skande in hierdie persone se lewens bestry. God kan die krag van skande in jou lewe verbreek. In hierdie studie sal ons jou wys hoe.