Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 6:5

Gewaagde Gebede
7 Dae
Is jy moeg om versigtig met jou geloof om te gaan? Is jy gereed om jou vrese in die gesig te staar, jou geloof te bou en jou potensiaal vrye teuels te gee? Hierdie 7-dag leesplan van Life.Church, is gebaseer op pastoor Craig Groeschel se boek "Dangerous Prayers". Jy word uitgedaag om gewaagd te begin bid, want om Jesus te volg was nooit bedoel om veilig te wees nie.

Die Andersheid Van God
7 Dae
Om oor God te praat, is nie eenvoudig nie. Een van die groot redes is die grootheid van God. Daar is egter ook 'n tweede rede: God is totaal anders as ons. In hierdie leesplan probeer ek om enkele aspekte van die andersheid van God te bespreek.

Onvoldoende antwoorde - Daar is nie antwoorde vir alle vrae nie
9 Dae
Deur die loop van die lewe ervaar almal van ons pyn, verwerping, onsekerheid, konflik en teleurstelling. Dit lei onvermydelik tot vrae oor die lewe en die doel van die lewe. Daar is ongelukkig nie voldoende antwoorde op alle vrae nie. God gee egter meer as voldoende antwoorde in die Skrif sodat ons sinvol en met vreugde kan lewe.