Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 6:8

’n Oproep tot Dienende Leierskap
5 Dae
Ons is geroep om te lei soos Jesus gedoen het. Leierskap begin by ’n persoon, nie ’n posisie nie, en leiers is daar om God se mense te help om sy doel met hulle te bereik. Hierdie daaglikse leesplan sal stewige leierskapfondamente by jou lê, en jou herinner dat jy eerstens ’n geliefde kind van God is, daarna ’n dienaar en eers dan ’n leier.

Gewaagde Gebede
7 Dae
Is jy moeg om versigtig met jou geloof om te gaan? Is jy gereed om jou vrese in die gesig te staar, jou geloof te bou en jou potensiaal vrye teuels te gee? Hierdie 7-dag leesplan van Life.Church, is gebaseer op pastoor Craig Groeschel se boek "Dangerous Prayers". Jy word uitgedaag om gewaagd te begin bid, want om Jesus te volg was nooit bedoel om veilig te wees nie.

Kom saam, Ontdek wysheid uit die Woord.
7 Dae
Kom klim saam met my in my motor. Kom saam op my reis. Dis my gebed dat die Here vir jou hoop sal gee wanneer jy moeg en moedeloos is. Ook dat Hy vir jou vreugde sal gee wanneer jy gestroop en tam is. Mag God jou mooi help om sy lig daar voor in die pad te bly volg.
