Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 10:10

Jy kan ‘n Geweldige Verskil Maak
3 dae
Daar is baie verlore en hartseer mense in hierdie gebroke wêreld, maar jy het die antwoord om vir hulle genesing en hoop te bring. Jou vreugde, vrede en vasberadenheid sal soos 'n lig in die duisternis skyn, wanneer die Gees van God deur jou werk. Sluit gerus by die skrywer, Berni Dymet aan en leer hoe jy 'n kragtige verskil in ander mense se lewens kan maak!

Leef Doelgerig
3 Dae
In hierdie drie-dag leesplan gaan ons kyk wat dit beteken om doelgerig te lewe. Dit kan al te maklik wees om doelloos te leef, en dis hartseer as ons kosbare lewens so sonder doel verbygaan. Staan dus die volgende drie dae af om te sien wat dit beteken om jou weg te keer van die weë van die wêreld, en op te kyk na God om vir Jesus te begin volg — doelgerig.

Every Nation Faith City - Stemme
4 dae
Stemme is oral om ons, en elkeen soek ons aandag. Daagliks word ons gekonfronteer met baie verskillende stemme, asook die keuse, na wat se stem luister ek vandag? In hierdie tyd van toewyding gaan ons kyk hoe om die stem van God beter te hoor!

Vreugde
5 Dae
Vreugde is die grondslag van die Christelike geloof. Jou geluk groei as jy God ontmoet en op sy Woord mediteer. Wanneer jy die volgende verse memoriseer, kan dit jou help om meer vreugde uit die lewe te put! Laat jou lewe verander word deur die Skrif te memoriseer! Om meer te leer oor hoe om dit te doen, besoek: http://www. MemLok. com

Vind Bevryding van Spanning
5 Dae
Spanning is 'n werklikheid, maar dit hoef nie jou lewe te beheer nie. Deur Christus kan ons dit hervorm, herfokus en herdefinieer. As jy met spanning sukkel, kyk na hierdie 5-dag leesplan en vind uit hoe om vryheid en vrede te verkry.

Eenvoudig net Kersfees is 'n Vyf-Dag leesplan op Youversion oor die herwinning van vrede in die Kerstyd, geskryf deur Tama Fortner
5 Dae
Word stil tydens hierdie tydperk en waardeer kosbare tyd saam met die Verlosser. Kies om soos Maria te stop en na te dink oor die wonder van Emmanuel, God is met ons. Laat dit toe om hierdie jaar eenvoudig Kersfees te wees.

Waarop Fokus Jy?
5 dae
Waarop fokus jy? Dit waarop jy jou aandag vestig, is die rigting wat jou lewe gaan. Jesus daag elkeen van ons uit om ons aandag te vestig op dit wat werklik belangrik is. "Waarop fokus jy?" is 'n 5-dag leesplan waarin ons na vyf baie belangrike aspekte kyk waarop God ons elkeen roep om op te fokus!

Om Wat Verborge is te Genees
5 Dae
Ons veroordeel onsself dikwels vir pyn, hetsy uit die verlede of in die hede. Ons voel skuldig omdat ons dit nie vinniger oorkom het nie. Ons neem aan dat iemand anders dit beter sou hanteer. Solank as wat ons egter trauma ontken, sal dit die mag behou om ons seer te maak. Die waarheid is dat jy glad nie besig is om te misluk wat genesing aanbetref nie. Jy is reeds besig om genesing te vind. God is 'n God van herstel. Hierdie is maar net die begin.

TYDBOM
5 Dae
Ons staar elke dag verskeie uitdagings in die gesig. Polities, ekonomies, met siektes, werk, verliese, angs en druk máár ook intern … daar waar gees en siel kommunikeer, vrae opduik en antwoorde wegkruip. Ons is lewende tydbomme met kort lonte wat soms heel anders vertoon.

Gebede uit ’n Vrou se Hart
5 Dae
Dalene Reyburn kom bid vir 5 dae saam met jou. Sy weet dat soveel vroue nie altyd die vertroue in hulleself en in God het wat hulle eintlik weet hulle kan hê nie. Hierdie innige gebede, vermeng met Skrifbeloftes, sal jou help om die regte woorde te vind in jou stiltetyd saam met die Een op wie jy elke dag kan vertrou, in wie jou dryfkrag, selfvertroue en kalmte lê.

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)
5 Dae
Die Christelike lewe gaan nie net daaroor om die waarheid te ken nie, maar om waarheid in aksie te word — mense deur wie die liefde van God sigbaar word in ons wêreld. Hierdie reis begin wanneer ons God se liefde persoonlik ontvang en toelaat dat sy Gees ons harte vorm, ons denke vernuwe en ons lewens in lyn bring met sy doel. In hierdie leesplan gaan ons saam ontdek wat dit beteken om liefde te word. Let wel: hierdie leesplan is deel vier van 'n vierdelige leesplan.

Leef Voluit, Elke Dag
5 Dae
Hierdie 5-dagleesplan help jou om die nuwe jaar doelbewus te begin deur elke dag as ’n kosbare gawe uit God se hand te ontvang. Die fokus skuif van gejaagdheid en spyt na vreugde, dankbaarheid en geloof. Soos die dae vorder, word jy uitgenooi om jou denke te vernuwe, om te glo dat “dit moontlik is,” en om groter te droom, saam met God. Hierdie leesplan moedig jou aan om nie die status quo te aanvaar nie, maar om met geloof, hoop en verwagting vorentoe te leef.

Wie is die Heilige Gees?
6 Dae
Die Heilige Gees is God wat binne-in jou woon, in jou gedagtes praat en jou nader aan Hom lei. Hy moedig jou altyd aan om nie net die regte ding te doen nie, maar ook die goddelike ding. Hy is daar om jou te help om keuses te maak en dinge te doen wat jou lewe sal verander. Pak hierdie 6-dag reis aan om te verstaan wie Hy is en hoekom jy nie 'n goddelike lewe sonder Hom kan leef nie.

Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike Oorlogvoering
6 dae
Daar is baie vrae oor die geestelike stryd teen die Bose. Mense wil weet hoe om die Bose teen te staan en hoe om te weet wanneer dit hy is wat ons aanval. Hierdie leesplan fokus daarop om eenvoudige riglyne te gee oor hoe om te onderskei wanneer die bose ons aanval en wat om te doen.

Breek Vry Van Vergelyking: 'n 7-dag Leesplan Deur Anna Light
7 Dae
Jy weet God bied jou 'n oorvloediger lewe as die een wat jy nou leef, maar die hartseer waarheid is dat vergelyking jou weerhou om vorentoe te beweeg. In hierdie leesplan, onthul Anna Light insigte wat die skans sal verpletter wat deur vergelyking toegelaat word om jou vermoëns te belemmer. Dit sal jou help om die vry en oorvloedige lewe te leef wat God vir jou beplan het.

7 dae van hoop om eetversteurings te oorkom
7 Dae
Eetversteurings word nie genoeg bespreek nie, dikwels verkeerd verstaan en word selde in samewerking met die Skrif en geloof genoem. Tog, alhoewel die Bybel nie spesifiek die onderwerp aanroer nie, kan ons nog steeds in die Skrif die nodige wysheid, waarheid en genesing vind. In hierdie 7-dag leesplan sal ons verken wat die Skrif sê, leer hoe ons eetversteurings kan oorkom en ons hoop op Jesus herontdek.

Geestelike Dissiplines Vir Dieper Intimiteit Met God en Geestelike Groei.
7 dae
Christene het 'n diep begeerte om in 'n dieper verhouding met God te staan, meer van Hom te beleef en sy weë beter te verstaan. Hierdie leesplan fokus op geestelike dissiplines wat mense kan help om op hierdie pad te loop.

Oorkom Teleurstellings
7 Dae
Ons almal is bekend met teleurstelling. Gaan dit 'n vashouplek in ons lewe kry, of gaan ons kies om dit te oorwin? Hierdie 7-dag leesplan lei jou om met God se hulp deur jou teleurstellings te werk.

The Chosen + BibleProject: Reeks 4-Leesplan
7 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se identiteit en die aard van God se koninkryk, soos voorgestel in die Evangelies. Hierdie sewe-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se vierde reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Hierdie leesplan lei jou om mense se uiteenlopende reaksies op Jesus te bestudeer: aanstoot, twyfel en vertroue.

Wie is Jesus? | Deel 7
7 Dae
In die vorige deel van die leesplan-reeks, WEES ‘n WENNER, het ons gekyk na wie is God. Nou gesels ons oor die mees "amazing" en "influential" mens wat al ooit geleef het. Ja, wonderlike, onbegryplike, liefdevolle Jesus. Hy was die "super" Onderwyser, die "Miracle Maker", Leier en Koning … en natuurlik die "Hero" van God se plan om elkeen van ons te red van ons sondes en "sometime" vir ewig met Hom te wees. Lekker lees!

By Waters Van Rus
8 dae
Psalm 23 is die bekende Herderspsalm wat ontelbare gelowiges troos met die wete dat God ook vir óns die Herder sal wees, wat ons sal lei na stille waters waar daar vrede is. Johan Smit vertel van die vrede en versekering van God se sorg wat gelowiges hieruit put, en ook van Jesus, ons Herder wat sy lewe vir sy skape aflê. Hierdie 8-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies uit dié gewilde Suid-Afrikaanse skrywer se dagboeke BY WATERS VAN RUS en JOU GOD IS HIER!

7 Dinge Wat Jou Vreugde Steel
8 dae
Ons kyk oor die volgende ag dae na sewe dinge wat jou vreugde steel. God wil graag vir ons die lewe gee en dit in oorvloed. Ongelukkig laat ons toe dat sekere dinge in ons lewe ons van daardie vreugde beroof. Kom ons raak bewus van daardie vreugde ”stelers” sodat ons hulle met die nodig teengif kan behandel.

Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa Deo
10 dae
Daar is 'n kwaliteitslewe wat vir ons beskikbaar is wanneer ons die Here werklik leer ken. As jy die basis van jou nuwe lewe wil verstaan, is hierdie leesplan vir jou bedoel.

Die Meer Van Minder: 'n Gids Tot Minder Goed En Meer Vreugde
14 Dae
Die Woord van God sê dat God se waardes verskillend is van die wêreld se waardes. Dit is duidelik in die area van rykdom en besittings. "Hoe meer jy het, hoe beter!" skree die wêreld. God fluister: "Ek is genoeg. Moenie geluk of sekuriteit soek in enige iets anders nie. Jy sal meer vervuld wees as jy minder besit." Minimalisme, die aksie om doelgerig minder te besit is méér as om net van goed ontslae te raak. Dit bied 'n pad om ons lewe te optimaliseer onder God.

25 Dae tot Kersfees
25 Dae
Hierdie 25-dag leesplan berei ons harte vir Kersfees voor — spesifiek die boodskap van Kersfees en die rede vir Kersfees — Jesus. Kersfees en die aanloop na Kersfees toe, is 'n wonderlike tyd van die jaar. Daar is opwinding, nostalgie, afwagting en vakansie in die lug. Vir elke kind van God moet hierdie dinge nie ons aandag aflei van die rede en die boodskap van Kersfees nie.