Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 14:12

Geloof - Leef Doelbewus en Ewigheids Gefokus
5 dae
Die Here wil hê dat sy gelowiges op geloofsvlerke moet sweef. Die Bybel is ons gids, die karakters daarin ons voorbeelde, en die Heilige Gees ons hulp vir die lewe in geloof. Die Bybel is vol getuienisse wat ‘n alternatiewe lewe van rebellie en ongehoorsaamheid gekies het, asook die wat ‘n lewe van oorgawe in geloof gekies het.

Wie is die Heilige Gees?
6 Dae
Die Heilige Gees is God wat binne-in jou woon, in jou gedagtes praat en jou nader aan Hom lei. Hy moedig jou altyd aan om nie net die regte ding te doen nie, maar ook die goddelike ding. Hy is daar om jou te help om keuses te maak en dinge te doen wat jou lewe sal verander. Pak hierdie 6-dag reis aan om te verstaan wie Hy is en hoekom jy nie 'n goddelike lewe sonder Hom kan leef nie.

Een Hart ─ Wees Een
7 Dae
In Johannes 17 bid Jesus nie net vir eenheid nie — Hy nooi ons om daarin te leef. ’n Eenheid wat begin met ons verhouding met God en die manier waarop ons liefhet, vergewe en saam met ander leef, verander. Hierdie 7-dae-reis help jou om die volgende stap te doen: om van ’n begrip van eenheid oor te gaan na om dit uit te leef. Terwyl jy bid, vra die Heilige Gees om jou hart te vorm, verhoudings te herstel en jou te lei na 'n dieper eenheid met Christus en sy mense.

Bible Basics: Om God te ken
9 Dae
Wat is die punt van die lewe? Bestaan God regtig? Gee Hy vir ons om? Kan ons Hom werklik ken? As jy al vrae soos hierdie gevra het, is hierdie 9-dag-leesplan vir jongmense ’n goeie plek om te begin om antwoorde te kry. Laat God toe om met jou te praat deur sy Woord oor hoe Hy is en wat Hy vir jou beplan, in hierdie lewe en die volgende.

Gehoorsaamheid
2 Weke
Jesus Self het gesê dat die wat Hom lief het, Sy onderrig sal gehoorsaam. Maak nie saak wat die persoonlike prys is nie, ons gehoorsaamheid is belangrik vir God. Die 'Gehoorsaamheid' lees plan loop deur die verse oor gehoorsaamheid. Hoe om 'n ingesteldheid van integriteitte hê, die rol van genade, hoe gehoorsaamheid ons vry maak, seën in ons lewe, en meer.