Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 15:15

Hoekom Is God Lief Vir My?
5 Dae
Ons almal het vrae oor God. Ons huidige kultuur is baie daarop toegespits om onsself met ander te vergelyk. Een van die mees persoonlike vrae wat ons vra is: “Hoekom is God lief vir my?” Of dalk “Hoe is dit moontlik dat God my kan liefhê?” Deur die loop van hierdie leesplan sal jy met 26 Skrifgedeeltes te doen kry—elkeen gaan handel oor God se onvoorwaardelike liefde vir jou.

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?
7 Dae
Johan Smith vra jou om te evalueer of jy lei of ander laat ly ... In hierdie 7-dag leesplan praat Johan oor leierseienskappe soos invloed, opoffering, self-leierskap, sensitiwiteit en verhoudingsfokus. Alles wat jy nodig het om ’n passievolle leier te wees wat op ander fokus, vir hulle omgee en hulle verbeter om saam nuwe hoogtes te bereik.

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en Wêreldbeskouing
7 dae
Een van die heel belangrikste vrae van ons tyd, is die vraag: Wat is die sin van die lewe. In hier Leesplan kyk ons na wat die Woord hieroor sê.

Wat Jesus gesê het oor Homself as die Seun van God
7 Dae
Christene weet oor die algemeen te min van Jesus se Godheid en ook dat Hy die Seun van God is. Wat het Jesus oor Homself gesê?

My Allerbeste vir Sy Hoogste
7 Dae
Oswald Chambers is bekend vir sy klassieke oordenkings. In hierdie 7-dag-leesplan wil hy jou herinner hoe belangrik die regte verhouding met God is, want daarin vind jy jou blydskap. Dan sal jy vind dat “strome van lewende water” uit jou sal vloei (Johannes 7:38) en kan jy ’n fontein wees waardeur Jesus sy “lewende water” kan laat vloei.

Gehoorsaamheid
2 Weke
Jesus Self het gesê dat die wat Hom lief het, Sy onderrig sal gehoorsaam. Maak nie saak wat die persoonlike prys is nie, ons gehoorsaamheid is belangrik vir God. Die 'Gehoorsaamheid' lees plan loop deur die verse oor gehoorsaamheid. Hoe om 'n ingesteldheid van integriteitte hê, die rol van genade, hoe gehoorsaamheid ons vry maak, seën in ons lewe, en meer.

Groei: Eerste treë saam met Jesus
20 dae
Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat die eerste treë neem, in hulle verhouding met Jesus. Hierdie leesplan is gebaseer op ons kursus en boek met dieselfde naam.