Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 16:33

Dis Tyd Vir Fokus
7 dae
Soms kan mens se gedagtes by vele dinge gaan stilstaan ... die lewe in die algemeen en waar jy jou bevind, familie, werk en allerlei ander dinge. Mens verloor jou fokus.Tog is daar 'n berusting wat ontstaan as jy God toelaat om saam met jou te delf, te ontdek en te leer — saam met Hom!

Intensionele Leierskap
9 dae
Hoe lei jy as volgeling van Jesus in die besigheidsarena op só 'n manier, dat alle belanghebbendes by jou leierskap baat vind? Dit sluit jou werknemers, kliënte en aandeelhouers in. Om dit te bereik moet jy as leier nege beginsels beoefen wat betrokkenheid sal dryf en volhoubare winsgewendheid sal laat groei. Hierdie beginsels is in die Bybel, en hulle help jou om met ʼn nuwe doelgerigtheid te lei.

Die Laaste Lesse: 'n Leesplan vir die Heilige Week
10 Dae
Kom ons raak rustig in hierdie Heilige Week en leer oor Christus se laaste dae op aarde. Elke dag gaan ons lesse of geskenke kry waarmee Hy moeite gedoen het om vir ons te gee. Moet jy opnuut herinner word aan dit wat die belangrikste was vir Christus — dat jy sy mense moet liefhê en Hom volg? Wat sou Hy vir jou wou leer in hierdie Heilige Week?

!Stres!
10 dae
Stres is ’n onmiskenbare en grotendeels onvermydelike deel van ons lewens en hoe gouer ons leer om dit te bestuur, hoe beter. Die beste manier om jou te verkwik, is om jou oor te gee aan afhanklikheid aan God. Word eenvoudig stil en laat al die afleidings staan. Hierdie 10 oordenkings, saamgestel uit SOOS APPELS VAN GOUD deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn, bied daaglikse pitkos en praktiese riglyne.
In Die Stilte Van Die Môre
10 dae
Die lewe bring soveel bekommernisse en uitdagings oor ons pad. Ons wéét gebed is eenvoudig om met God te praat. Ons wéét ons kan enige tyd na Hom toe gaan en oor enigiets bid. Maar soms is dit vir ons almal moeilik om die regte woorde te vind. Raak vandag stil en gebruik hierdie 10 gebede uit IN DIE STILTE VAN DIE MÔRE as wegspringplek van ’n rustyd by God.

In ons plek: Lydingstyd leesstukkies deur "Time of Grace"
14 Dae
Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem, wat vir ons die ongelooflike stories van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus in ons plek, vertel.

Alles Wat Ek Nodig Het
14 dae
Wanneer die uitdagings van elke dag oorweldigend voel en jy bemoediging nodig het, is dit tyd om krag te put uit die wete dat jy in God se liefde leef en dat Hý ALLES is wat jy nodig het. Alombekende evangelis, Angus Buchan, herinner jou in hierdie 14-dag leesplan uit sy dagboek, ALLES WAT EK NODIG HET, dat jy op God kan vertrou vir alles wat jy nodig het.