Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 17:11

Waarom Jesus Saak Maak
3 Dae
Hierdie 3-dagleesplan oor Johannes 17 sê kortliks hoekom Jesus werklik saak maak: Hy het ons baie lief, Hy het alle krag en Hy is die enigste weg na die Vader as die bron van ewige lewe. Die leesplan nooi ons om heilig te lewe, as sy getuies uit te gaan, Hom elke dag beter te leer ken, Hom heeltemal te vertrou en sy liefde vrymoedig met ander te deel.

Gebede van Jesus
5 Dae
Ons besef hoe belangrik kommunikasie in verhoudings is en ons verhouding met God is nie 'n uitsondering nie. God verlang daarna dat ons met Hom in gebed sal kommunikeer—selfs sy Seun, Jesus, het dit beoefen. In hierdie leesplan sal jy lesse leer uit Jesus se voorbeeld. Jy sal uitgedaag word om tyd in te ruim in jou besige lewe om die voordele van gebed te ervaar. Dit sal rigting en krag in jou lewe gee.

Herwin Jou Vertroue in God
7 Dae
Voel jy dat jou vertroue in die Here werklik die afgelope tyd uitgedaag is? Miskien het 'n geliefde gesterf wat jy geglo het volkome sou genees? Jy mag dalk wonder – kan ek Hom nog vertrou? Hierdie leesplan sal jou help om jou vertroue in die Here te herwin en jou geloof versterk in die wete dat die Here jou werklik liefhet.

Geskenke van God
7 Dae
Miskien het jy al duisend maal die Kersboodskap van God se onvoorwaardelike vergifnis en liefde en vrede gehoor, maar het jy dit al jou eie gemaak? Het jy toegelaat dat hierdie waarheid vanaf ’n universele boodskap in jou kop tot in jou hart afsak? Dit is God se geskenk aan jou. Neem dit aan en vier fees in hierdie feesseisoen saam met Milanie Vosloo in hierdie sewe dagstukke.

Een Hart - Vader, Laat Hulle Een Wees
7 Dias
Wat as die eenheid waarna jou hart verlang presies dit is waarvoor Jesus gebid het? In sy laaste gebed in Johannes 17 bid Jesus dat ons een sal wees – net soos Hy en die Vader een is. Hierdie 7-dagleesplan nooi jou op 'n reis om nader aan God te groei, eenheid met ander te beleef, en jou rol as vredemaker in die wêreld om jou te ontdek. Elke dag bevat Skriflesing, ’n oordenking en gebed om jou te help reageer op die leiding van die Heilige Gees.