Gratis leesplanne en oordenkings oor JONA 2

Hardloop Jy Dalk Weg van Jou Roeping, Soos Jona?
4 Dae
Die boek Jona is ‘n verhaal wat ons vandag sal kan klasifiseer as ‘n satire. Die algemene bedoeling van satire is om humoristies te wees, met die groter doel as konstruktiewe sosiale kommentaar, deur die gebruik van vernuf as wapen en as hulpmiddel, om aandag te vestig op spesifieke en wyer geskille in die samelewing. Daar is baie sterk elemente van IRONIE in die verhaal. Jy verwag van die karakter een ding en dan gebeur die teenoorgestelde. Die profeet Jona, wat as man van God beskou sou word, is ongehoorsaam aan God se roeping terwyl ons gehoorsaamheid sou verwag.

Daaglikse hoop
7 Dae
Die wêreld is altyd op soek na hoop. As Christene is ons nie meer op soek na hoop nie; ons het ons hoop gevind in Jesus! Maar al weet ons waar hoop vandaan kom, kan ons steeds moedeloos raak. Wanneer dit lyk of alle hoop verlore is, moet jy op God bly hoop. Die situasie waarin jy is, is dalk heeltemal buite jou beheer, maar dit is nie buite God se beheer nie. Die toekoms is in sy hand! Want God is goed en Hy weet wat die beste vir ons is, selfs al verstaan ons dit nie.