Gratis leesplanne en oordenkings oor JOSUA 1:5

Leef In Sy Lig Deur Nina Smit
5 dae
Nina Smit se kenmerkende bemoedigende styl vol praktiese raad spoor die leser aan om bewus te wees van God se teenwoordigheid. Nooi God om deel te wees van elke aspek van jou lewe en elke dag in sy lig te lewe. Die inhoud van hierdie 5-dag-leesplan is gebaseer op Nina Smit se “Leef in sy lig”.

5 Planne Om Stres Te Klop
5 dae
Spanning veroorsaak soveel probleme in ons samelewing - swak geestelike en liggaamlike gesondheid, gebroke verhoudings en ‘n onvervulde lewe. Dit is 'n enorme probleem en 'n groot uitdaging, maar dit is nie onoorkomelik nie. God het ons in sy wysheid deur sy lewegewende Woord duidelike leiding gegee oor hoe ons stres kan oorkom.

Oomblikke Van Stilte
5 dae
God se stem word nooit stil nie. In baie situasies moet ons net leer om sy stem tussen die baie ander stemme te herken. Daarvoor moet ons stil raak en fokus op sy nabyheid. God se stem word nooit stil nie en Hy verlang dat ons sal antwoord: “Praat, Here. Hier is ek. Ek luister.” Hierdie oordenkings is geneem uit OOMBLIKKE VAN STILTE deur Lizette Murray.

Wat Jesus gesê het oor die Woord
6 dae
Die Woord van God is die middelpunt van die Christen se lewe. Ons moet onder die gesag van die Woord leef en ons lewens moet volgens die Woord gerig word. In die Bybel (die Woord van God, die Skrif), leer ons wat die wil van God is, ons leer wie God is, wat Hy wil hê ons moet doen en hoe ons Hom moet aanbid.

Suurlemoenseisoen
7 dae
Kyk anders na jou lewe en dink in terme van die liefde en goedheid van God as ’n Vader, Verlosser en Vertrooster. Besef dat daar in Hóm altyd ’n oplossing is vir selfs die suurste suur wat die lewe kan opdis.

Waagmoed
7 Dae
Leer wat die Bybel te sê het oor durf en vertroue. Die "Moed" leesplan bemoedig gelowiges met herinneringe van wie hulle in Christus is en God se koninkryk. Wanneer ons aan God behoort, is ons vry om Hom direk te nader. Lees weer - of dalk vir die eerste keer - sekerheid dat jou plek in God se familie verseker is.

Veg Terug
10 Dae
Ons het nog baie stryde om te stry, maar ons veg nie om die oorwinning te behaal nie; ons veg vanuit die oorwinning wat alreeds aan die kruis behaal is. Daar is sekere vyande waarvan God jou vrymaak, maar dan is daar weer ander vyande waaroor God jou bemagtig om self oor te heers. Verlossing is wat God binne-in jou doen; heerskappy is wat Hy deur jou doen.

Wandel Deur Die Gees
14 dae
As jy vandag oormoeg, oorwerk of sommer net oorweldig voel, is intieme gebedstyd saam met God net wat jy nodig het. Die 14 gebedsoordekings deur Cherie Hill uit haar dagboek WANDEL DEUR DIE GEES is geskryf as persoonlike boodskappe van die Heilige Gees aan jóú. Ons Voorspraak, Helper en Trooster is elke dag by ons en ons moet ons ons instel op sy stem en bemoediging.

Dít Het Jesus Nooit Gesê Nie
21 dae
Daar word baie keer verkeerdelik geglo of oorgedra wat hulle dink Jesus gesê het. Mense glo dan iets wat nie altyd waar is nie. In hierdie leesplan deur skrywer Andries Enslin: “Dít het Jesus nooit gesê nie” word feit en fiksie geskei. Daar word duidelik gesê wat die wêreld glo Jesus sê en wat Hy werklik gesê het.
