Gratis leesplanne en oordenkings oor JOSUA 24:15

Goddelike Leierskap
3 Dae
Om 'n leier te wees wat deur God geroep is, ‘n leier wat volkome na die stem van die Heilige Gees luister en wat op die Here alleen vertrou, is nie ‘n maklike taak nie.

Waar die hart van vol is
5 dae
Met al die eise wat ’n moderne leefwyse aan mense stel, is dit byna vanselfsprekend dat hulle minder tyd as ooit tevore het om aan hul gesinne en vriende te bestee. Hierdie 5-dag-plan is ’n samestelling van stukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit uit haar boek HOOP VIR ELKE DAG om vroue te help om weer balans in hulle lewe te kry en te besef hoe kosbaar hul naaste verhoudings is.

Die geboorte van Christus en gesinslewe
5 Dae
Die gesin is die primêre bousteen van die samelewing. Christus se geboorte het ook 'n nuwe hoop en lig vir gesinslewe gebring. Daarom is die viering van Christus se geboorte – ook die aankondiging daarvan dat daar hoop vir gesinne is. Vind weer die vreugde in klein dingetjies ... soos die Christuskind wat in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê is. Die eenvoud van Christus se geboorteverhaal is nie onbenullig nie.

Koninkryk Land
6 Dae
Josua was geroep om die Israeliete in die Beloofde Land in te lei. Maar hy was ook 'n gewone man. Net soos elkeen van ons het hy ook te staan gekom voor onsekerhede, uitdagings, veranderende omgewings en seisoene wat aanstap. Die Beloofde Land was 'n fisiese besetting wat vir Josua voorgelê het. Net so het elke man vandag ook nog 'n beloofde land wat voor hom lê. 'n Uitnodiging van God na die lewe wat Hy beplan vir jou, jou gesin, jou gemeenskap en jou werksplek.

Landbouweekblad Hart tot hart
7 dae
Vir die afgelope 49 jaar skryf ds. Kobus van der Westhuysen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Ds. van der Westhuysen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van ’n boer en weet dat boere uitgelewer is aan die nukke en grille van die natuur waaroor hulle geen beheer het nie.

Sewe Doeltreffende Gebede vir Ongeredde Mans
7 Dae
God het mans so geskape om die leidende dienaars van hul huise/huwelike te wees. Hy moet sy vrou en kinders lei op dieselfde manier as wat Christus die kerk gelei het. Wanneer mans God nie as hulle Here en Verlosser ken nie, kan hulle nie deur Christus se voorbeeld lei nie. Hierdie toewyding sal sewe effektiewe gebede verskaf wat vrouens vir hul ongeredde mans kan bid sodat hulle tot die kennis van God se waarheid kan kom.

Die Alfabet Van Oorvloed
7 dae
’n Oorvloed lewenservarings vertel van die genade wat God vir jou het. Dié groeiplan maak jou bewus van hierdie ervarings. Dit wys vir jou dat jy in die gewone loop van ’n dag ook genade kan vind. Maak vir jou ’n koppie koffie of tee en word stil by God. Laat die gloed van sy teenwoordigheid deursyfer tot teen jou vel, tot in jou hart en in jou gedagtes.

Die krag van ’n man wat bid
7 Dae
Ontdek die kragtigste manier waarop jy jou vrou kan liefhê terwyl jy leer hoe om vir God se seën in haar alledaagse lewe te bid. Hierdie leesplan bevat sewe gebede deur topverkoper-outeur Stormie Omartian en dien as beginpunt om God te vra vir wysheid en bemoediging in jou huwelik. Gebruik hierdie ongelooflik doeltreffende metode – om jou na God te keer – vir ’n suksesvolle huwelik; en om die krag van ’n biddende man te ervaar.

Ek Kies
12 Dae
Voel jy ooit of jy vasgevang is binne 'n kies-jou-eie-avontuur-boek, terwyl iemand anders die keuses maak? Ma's is reg. Die keuses wat ons maak, maak eintlik baie saak. Hierdie Life.Church leesplan word vergesel deur boodskappe van Craig Groeschel, wat van die kragtigste keuses bevat wat enigeen kan maak. Miskien kan ons nie altyd ons eie avonture kies nie, maar ons kan doelgerigtheid, gebed, oorgawe, dissipline, liefde en belangrikheid kies.