Gratis leesplanne en oordenkings oor LUKAS 15:11

Leef Doelgerig
3 Dae
In hierdie drie-dag leesplan gaan ons kyk wat dit beteken om doelgerig te lewe. Dit kan al te maklik wees om doelloos te leef, en dis hartseer as ons kosbare lewens so sonder doel verbygaan. Staan dus die volgende drie dae af om te sien wat dit beteken om jou weg te keer van die weë van die wêreld, en op te kyk na God om vir Jesus te begin volg — doelgerig.

Die geboorte van Christus was dan so
5 dae
Die geboorte van Christus is 'n verhaal wat ons verbeelding aangryp en ons met hoop besiel. Dit is die verhaal van die onweerlegbare bewys dat God met liefde en sorg in gewone mense soos ons se lewens betrokke raak om vir ons 'n bron van hoop te wees. Hierdie 5-dag leesplan begelei jou om oor hoop na te dink soos dit in Advent aan die lig kom.

Waar Is Die Vrouens? Die Gelykenis Van Die Verlore Seun
5 Dae
Ons weet van die Vader, die verlore seun, en die ouer broer. Maar waar is al die vrouens? In hierdie vyfdagleesplan gebruik Dr. Charel du Toit sy eie, nuwe manier van om die teks te lees en versteekte stemme te hoor. Kom en ontdek die God wat voorsien soos 'n vrou en liefhet soos 'n moeder.

Verlore Seun Transformasie met Kyle Idleman
7 Dae
Oorgeneem uit Kyle Idleman se boek "AHA". (Awakening, Honesty, Action) Ontdek die 3 elemente wat ons nader aan God kan bring en ons lewens ten goede kan verander. Is jy gereed vir die oomblik wanneer God alles verander?

Ek Voel Verwerp
7 Dae
Die meeste van ons ken die gevoel van verwerping, om uitgesluit te voel, "to feel abandoned." Dit is 'n toenemende ervaring by baie mense. Ons samelewing en die groei van sosiale media, intensifiseer die gevoel van eensaamheid en daar is 'n toeneme in woede. Hierdie leesplan spreek hierdie emosie aan.

Liefde | Deel 5
7 Dae
Die boodskap van die Bybel en ons geloof gaan oor één woord - liefde. God se liefde verander lewens—dit bring vergifnis, hoop en nuwe "identity". Hy het sy Seun gegee uit "amazing", onmeetbare liefde, en Jesus het vir óns "gesuffer". Ons wys óns liefde vir God deur ander lief te hê, selfs dié wat anders is. Sy liefde vergewe altyd en is altyd by ons—dit maak ons sterk en wenners. Hierdie 7-dagleesplan is gebaseer op deel 5 uit die boek WEES ’n WENNER.

Groei: Eerste treë saam met Jesus
20 dae
Is jy 'n nuwe Christen? Ons glo dat ‘n verhouding met God die hoof tema van al God se interaksies met die mensdom is. Hierdie is ‘n 20-dae ontdekkingsreis waarop ons jou wil neem. En dit kom uit ons passie vir mense wat die eerste treë neem, in hulle verhouding met Jesus. Hierdie leesplan is gebaseer op ons kursus en boek met dieselfde naam.

Sy liefde deur ons
21 Dae
In hierdie 21-dag reis ontdek ons saam hoe God se liefde nie net iets is wat ons ontvang nie, maar iets wat deur ons na ander vloei. Deur Skrif, refleksie en praktiese toepassings leer ons om God se hart van deernis te ervaar, dit deel van ons identiteit te maak en dit in ons daaglikse lewe uit te leef. Terwyl ons God se liefde ontvang, word ons ’n kanaal waardeur sy genade, troos en herstel na ’n gebroke wêreld kan vloei. (Compelled by Compassion): Ontvang liefde. Word liefde. Deel liefde.
