Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 13:22

Jou Beste Belegging!
5 dae
Om ‘n geseënde en oorvloedige opbrengs te kry, begin met die regte belegging wat jy maak. As jy ‘n nuwe Christen is, is daar nie ‘n groter belegging wat jy kan maak in jou geloof nie as ‘n gereelde inname van die Woord van God. Dit begin hier; waar jy hulp kry om die Woord te Lees, te Verstaan en daagliks effektief Toe te Pas.

Saai Goeie saad in Goeie grond
5 Dae
Elkeen van ons het saad in ons hande, maar nie alle saad is goeie saad nie. Hierdie leesplan gaan jou help om te ontdek wat goeie saad is en wat dit beteken om in goeie grond te saai. In 2 Korintiërs 9 word ons herinner dat God 'n blymoedige gewer liefhet. Wanneer jy goeie saad in goeie grond saai, bring dit hoop, deurbraak en nuwe vrug voort – nie net in jou eie lewe nie, maar ook in die lewens van ander. Mag hierdie leesplan jou inspireer om die Here met jou lewe te verheerlik.

Amen
6 dae
Hierdie Bybelstudie bied aan jou ’n baie unieke geleentheid om die passie wat Angus vir Jesus het self te ervaar. As jy luister en jou hart oopmaak, sal jy vind dit is aansteeklik. Wanneer ek ook al by Angus is, groei my vasberadenheid om op God te vertrou en my lewenspad met vrymoedige geloof in Hom te stap. - Pastor Allen Jackson

Wat Jesus gesê het oor die Woord
6 dae
Die Woord van God is die middelpunt van die Christen se lewe. Ons moet onder die gesag van die Woord leef en ons lewens moet volgens die Woord gerig word. In die Bybel (die Woord van God, die Skrif), leer ons wat die wil van God is, ons leer wie God is, wat Hy wil hê ons moet doen en hoe ons Hom moet aanbid.

Sewe Maniere om Jou Denke te Vernuwe
7 Dae
In Romeine 12:2 sê die apostel Paulus dat ons verander word deur die vernuwing van ons denke. Baie van ons dink dat sodra ons lewens verander, ons denke vernuwe sal word. Dis egter andersom. Toe ons gebore is, het die meeste van ons kop eerste die wêreld binnegekom. Wanneer jou denke vernuwing ondergaan, sal jou lewe verander. Onthou, waarheen jou denke jou lei, volg jou lewe.

Wees Oor Niks Besorg Nie
7 dae
Is jy op soek na vrede? ’n Kalm oomblik te midde van die chaos? Riekert Botha se raad om ons woeste wêreld te navigeer, is reguit: Fokus op Jesus. Jy kan rus in die wete dat Jesus jou krag is en dat Hy al is wat jy nodig het. Hý is jou stilte in die storm. Hierdie 7-dag-leesplan is saamgestel uit WEES OOR NIKS BESORG NIE.

Kies! | Deel 1
7 Dae
Welkom by die wegspring van die "race" van die res van jou lewe! In deel 1 van ons reeks van 52 dele, gebaseer op die boek WEES 'n WENNER, kry jy al klaar 'n reuse "opportunity". Elke dag maak ons keuses – klein en groot. Maar daar is een "choice" wat alles verander: of jy God gaan kies of nie. Jesus "explain" hoe die Woord van God in ons harte kan land. Ons kyk na vier jongmense wat elkeen anders kies. Wanneer ons God kies, begin ’n nuwe, "amazing" lewe. Lekker lees!